ANC-verkiesingsgeweld versper N2 vir tweede dag

Deel op

Die ANC het moes een van sy lede skors omdat die aanhitser by Woensdagaand se openbare geweld op die N2-snelweg buite Kaapstad betrokke was.

ANC-lede het Woensdagaand beswaar gemaak oor kandidaatslyste en twee busse is aan die brand gesteek.

Die Wes-Kaapse waarnemende verkeershoof, Jacques Mostert het motoriste versoek om alternatiewe roetes te gebruik.

Die ANC se provinsiale woordvoerder, Yonela Diko sê die party sal nie huiwer om tugstappe te doen teen lede wat die ANC se beleid oortree nie.

Wes-Kaapse motoriste het vanoggend weer ontwrigting op albei hul nasionale snelweë getrotseer.

Klipgooiers het bane van die N2 ná Kaapstad onbegaanbaar gemaak en met brandende bande afgesper.

Die Wes-Kaapse polisie moes weer op die snelweg by die Kaapstadse internasionale lughawe ontplooi word nadat protesoptrede op die besige pad hervat is.

Die N2 na die stad, digby die Kaapstadse internasionale lughawe moes sluit weens oproer.

Die Wes-Kaapse verkeersafdeling het ook ‘n padblokkade op die N1-snelweg opgerig om moeilikheidmakers vas te vat.

Motoriste met uitstaande lasbriewe is geteiken. Sowat 45 mense het waarskuwings ontvang om in die hof te verskyn.

Veertien mense is Donderdag by ‘n soortgelyke padversperring op die N2 in hegtenis geneem.

Die ANC in die Wes-Kaap het aantygings van die Kaapstadse Metro verwerp dat sy lede die verkeer vanoggend op die N2-snelweg naby die Kaapstadse lughawe ontwrig het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.