Toyota Suid-Afrika het bevestig dat meer as 500 voertuie geraak sal word deur ‘n wêreldwye onttrekking van sekere modelle wat deur die motorvervaardiger aangekondig is.
Die maatskappy sê voertuie wat teruggeroep sal word, sluit in 260 eenhede van die Lexus CT 200 H en 270 Toyota Prius modelle.
Toyota Suid-Afrika sê eienaars sal deur Toyota-handelaars ingelig word om hulle voertuie na die handelaars te neem sodat sekere gebreke reggestel kan word.
Die kwessie handel oor foutiewe lugsakke wat wêreldwyd 1,4 miljoen Prius en Lexusmodelle geraak het.
“Dit is waargeneem dat die pomp kon onklaar raak in die kajuit as ‘n voertuig geparkeer staan vir lang tydperke. As dit gebeur, terwyl in die voertuig geklim word, kan dit die risiko van besering verhoog. Daar is geen verslae van voorvalle waar die bogenoemde tot enige beserings of sterftes gelei het nie.”