Eureka! ek verstaan nou die sin van die Angola-oorlog

Die nagtelike ”river crossing” iewers diep in Angola en die krokodille waaraan ek nou eers dink het eindelik ‘n lig vir my aangeskakel oor die sin van ons grensdiens.

Ek meen vir elkeen wat swaar sluk aan die sogenaamde nuwe Suid-Afrika en terugdink aan ons opofferings – baie het die hoogste offer gebring en ‘n ererit op die kanonwa verdien (erkenning aan Botties se Huilwater) – bly die sin van die oorlog ons ontwyk.

En die rede, vir ons frustrasie en soeke na sin is so voor die hand liggend dat ons dit nie raaksien nie. Ons weet ons het militêr meestal die oorhand gehad en dit saam met NP-Broederbondpropaganda dat ons militêr ons doelwit bereik het, naamlik om:

    -Tyd te wen vir ‘n vreedsame skikking
    -Angola van die Kubane te bevry
    -Kommunisme teë te staan
    -Die Kaapse seeroete vir die Weste te beskerm en ek weet nie watse twak nog alles nie

Dít alles saam is wat ons verwar, frustreer en veroorsaak dat die sin van ons oorlog ons bly ontwyk, want as ons ons oë oopmaak sien ons die vyand se vlag wapper van die Kaap tot aan die kaplyn.

En dié teenstrydigheid sal jy net verstaan as jy besef dat ons die oorlog jammerlik verloor het. Ons mog die veldslae gewen het en die militêre doelwitte bereik het in ‘n oorlog waar almal behalwe die Afrikanervolk se belange gedien is.

Ons het toe nooit baklei dat “die erwe van ons vaders vir ons kinders erwe bly” nie, want dit was nooit die doelwit van ‘n verloopte geslag Afrikaners wat te jonk was vir die Engelse oorlog of 1914-Boere-opstand nie en te oud of sleg was om ons grensoorlog mee te maak.

Daardie geslag “Baby Boomers” wat net wou geld maak en nooit ‘n druppel bloed gestort het nie en uit volle bors gesing het:

“Ons sal lewe JULLE sal sterwe” (erkenning aan Freek)”

Maar ek het gesê ek het gisteraand die eerste keer die sin verstaan van ons oorlog:

Ons was bereid, tot die dood toe bereid, tot oneindige risiko vir die ideaal waarvoor ons gedink het ons veg, naamlik:

“dat die erwe van ons vaders vir ons kinders erwe bly”

Maar soos Botties die ander dag vir my geskryf het:

“Dis waar Jan die tyd stap onverbiddelik aan, maar ons gaan nog tot die 15de rondte in die kryt bly, dit moet die bliksems weet.”

En dit is sinvol om bereid te wees om vir jou kinders te sterf en om die fakkel van vryheid aan te gee aan die volgende geslag.

– Jan Kruger

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Ou Transvaal

    So uit die raakvat van verstaan …Dit is hoekom die ou Stem nou ‘n Gebed is .
    Jy sit hom mooi neer vriend !

  • Thys Du Plessis

    Hoor hoor Jan !!!! En dankie dat jy die krokodille getrotseer het, dit het vir my persoonlik baie beteken, ek sal altyd dankbaar bly.

    • Sybrand Potgieter

      Ja saam Jan Kruger is ons deur die drif met of sonder krokedille daai aand Dankbaar dat ons die volgende oggend besef dat ons 20 tree verby n hinderlaag geloop het. Deritig jaar later staan ek by Ruacana en gee n landbou lesing aan die Owambos daar . Voor my lesings begin sing ons eers die Namibiese (Swapo ) se volks lied Met gemengde gevoelens kyk ek rond na n see van gesigte en wonderd ek wie was my vyand 30 jaar gelede Gespaar is ek om daai dag saam met vreetsame memse deur te bring en dankbaar te wees wat ek hul kon leer Wat het ons na gelaat na die oorlog is vereedsame mense wat dankbaar is vir hul vrede en wat repek het vir mekaar en wat hul land wil vooruit bou Ek het vrede gekry in my hart na daai dag en gevoel daar was tog iets wat die oorlog wat verby is vir ander vryheid en vooruitgang gebring het sonder inmenging van buite Vandag het Namibia n groei koers van 4.6% Dit was net moonlik met die regte leiers van hul land om stabieletyd te skep en vooruitgang

      • jan

        Juslaaik ek hou van die konsep dat ons offers gebring / betaal het vir vrede pleks van ewige vyandskap in Namibia.

        Maar wat het ons gekoop vir SA met al daai ontsaglike militêre en menslike prestasies en offers?

        Ons moet eenvoudig / het geen keuse om die 5de Gebod te gehoorsaam en van die Grensoorlog ‘n skitterende OORWINNING te MAAK!!

        Daarom moet ons in besit neem wat ons duur gekoop het, naamlik vrede ook in SA

        Slegs hierdie liefde sal die wonde genees.

      • Thys Du Plessis

        Sybrand soos die engelsman se “beauty is in the eye of the beholder” of beter beskryf deur die Bybel: Mat 6:22 Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees.
        Mat 6:23 Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie!

        Dit wat jy hier bo beskryf het en sie as die goed van die oorlog is vir my n gruwel. Wat ek verstaan onder “die erwe van ons vadere” en wat jy daaronder verstaan is heel waarskynlik soos die ooste en die weste, ver verwyder van mekaar. Dit is vir my duidelik bloot uit die feit dat jy daai drek lied kan sing. Die vraag is nou wie van ons twee is die naaste aan wat Jan Kruger hier bo bedoel het. As dit jou bly maak dat daar nou vrede in vermenging en die verering van terroriste is dan verstaan ek glad nie. “Die erwe van my vadere uit gegee op gesag van die Hoogste se hand” is en was nog nooit om vrede met die vyand te sluit nie, om terroriste en moordenaars te vereer nie of om die pêrels voor die varke te gooi nie. Daar is so min begrip vir daai oorlog omdat so min dit uit die korrekte oogpunt beskou. Jan het n baie belangrike ontdekking gemaak, dat dit wat by jou mond uitgaan ten opsigte van beloftes aan God en jou volk jou bind tot verantwoordelikheid en dat jy rekenskap sal gee daaroor. Jan se oog het begin regkom en daarom kon hy die korrekte begin sien. Die meerderheid is egter blind omdat hulle nie die lamp vir hulle voet en die lig vir hulle pad brandende het nie. Ek raai jou aan om olie te gaan koop.

  • G

    Skitterende brief!

  • kaiavas

    Dankie vir die foto. Lyk of hulle 25 ponder bemannings was – na aanleiding van die ammunisiekaste.

  • Van al die negatiewe aspekte rondom die grensoorlog, moet ons erken dat ons weermag op daardie tydstip toe daar onttrek is, ‘n gedugte “ystervuis” was om mee rekening te hou. Hartseer oor die manne wat met hul lewens moes betaal, Hartseer.

  • jan

    By die Turnhalle beraad was dit al duidelik dat die manne NET / SLEGS aan hulself dink en nie eers aan hul kinders nie!!
    Laat ons noooooit die offers wat daai manne op die grens gemaak het minag nie.
    My kindervriend Tobie Winterbach was die loods van die helikopter wat in Terracebaai afgeskiet is 50 jaar gelede. Sy broers loop nog steeds met al sy berigte in hul koffers rond – dis absoluut aangrypend hoedat hulle nog steeds rou.en weeklaag… 4 maande later is Verwoerd tereggestel deur die Wittes.
    Ons Jan’ne sal nie toelaat dat enigeen met minagting na die ontsaglike kinder offers verwys vir ons tuisland wat ons twee maal met bloed betaal tot die uiterste toe.
    Namibia is daarom vir my iets om aan vas te klou.- dis myne!!

    • Johan

      AMEN!

  • Rooikop

    “En dit is sinvol om bereid te wees om vir jou kinders te sterf en om die fakkel van vryheid aan te gee aan die volgende geslag” – wat ons ook nie moet vergeet nie: “Eer jou vader en jou moeder dat jou dae verleng mag word in die land wat God jou gee”
    Ook vir diegene wat nie glo onder ons nie bly hierdie egter ‘n universele waarheid.

    • Johann Schutte

      Die 5de gebod is hoogs betekenisvol.

      As jy die tradisies en waardes van jou voorgeslagte minag (soos wat die Afrikaner gedoen het na Verwoerd), het jy die waarborg dat jy jou gat in jou eie land sal sien. Die Afrikaner het duidelik verkies om die waarskuwing en belofte te ignoreer, ten spyte daarvan dat hy homself gewoonlik so tweekeer per week tydens kerkdienste daarvan vergewis.

      Jaap Marais het probeer keer, maar hy and ander soos hy, is so met die modder gegooi deur hul eie mense dat hulle uiteindelik as niks anders as vuil beskou is nie.

      • Guest

        Defamation is very, very dangerous; it is the prelude to prison or physical destruction.

  • Albert Brenner

    Amen!

  • Antonie Geyser

    goeie ‘post’ – en dink al die stories van daardie tyd moet geskryf word, dit is deel van ons geskiedenis

    • jan

      Ja beslis Antonie maar ek voel dis deel van ons TOEKOMS!

  • Ou Transvaal

    Onthou ons Polisiemanne ook ;hulle bloed was net so duur!!

  • Karel Combrinck

    Hier êrens skuins voor die “onderhandelde” oorgawe het John Vorster, of PW Botha of FW De Klerk,, wat maak dit saak wie, met die foefie gekom dat om vir jou land te sterf ‘n alternatief was “too ghastly to contemplate”. Nou sterf ons in elkgeval een vir een by die dag, weerloos en sonder om ‘n vinger te kan lig. Is dit nie ‘n veel erger “ghasly alternative” nie? Met sy “vreedsame” oorgawe het FW De Klerk ‘n streep getrek deur die opfferings van die manne aan die grens.

  • Johan Fourie

    Dit mag wees dat daai ounes FW, PW of wie ookal die streep getrek het deur die opofferings maar soos ons hier sit voor ons keyboads en toe laat dat ons mens een vir een vermoor word, dat ons taal en ons geskiedenis uit gewis word deur niks te doen nie. Ons skeur die opofferings op en gooi dit in n vuur. Ons laat toe dat daai hoogste offers vergete word. Ons is meer skuldig as FW die verraaier met ons toe kyk en niks doen nie

    • Karel Combrinck

      Daar is ongetwyfeld groot waarheid in wat jy sê.

      • G

        Kyk hoe pragtig verstaan hierdie man wat die konsep nasionalisme beteken! Dis ‘n inspirasie vir 8 minute lank. Dis net ‘n ander woord vir beskerming en daarna kan elkeen homself sinvol uitleef. Ek reken oor 50 jaar sal die wêreld na hulle opkyk met hierdie mooi gesindheid: https://www.youtube.com/watch?v=7VOMY88v7iQ

  • Johann Schutte

    As ek die skrywe reg lees, dra dit die boodskap dat sinlose (en selfs destruktiewe) gedrag geregverdig is, solank die motief daaragter edelmoedig is.

    Die SAW het `n gesonde ontwikkelingsinvloed gehad op meeste van die jong outjies. Daarbenewens is unieke en hoogs bevredigende vriendskappe gevestig onder opleiding- en ontplooings -omstandighede. Militere humor is eiesoortig. Opleiding en ontplooing verruim jou self kennis in terme van fisiese en psigologiese toleransies en limiete.

    En dis omtrent waar die voordeel vir my tot `n einde kom.

    Ek was ontplooi in sektor 20, in die 80er jare toe die oorlog `n meer konvensionele vorm aangeneem het, getaak met moreel en motivering, en traumahantering. Ek is vandag oortuig dat daar baie min soldate was (en die verre meerderheid was Boere) wat psigologies ongedeerd deur die laaste groot operasies is.

    Die trauma het vertaal in gemeenskapspatologie in verskeie vorme, oor meer as een geslag.

    Die verliese was ver groter as enige insidentele winste.

    • Rooikop

      Johan, hoewel ek saamstem dat daar ‘n goeie invloed op baie van die jong mans gemaak is, is daar in my opninie (ek het dit ook al voorheen gelug) van taktieke gebruik gemaak by hierdie opleiding om die mense eers af te breek – en dan te vorm soos die staat hulle soek. Hiermee gaan ‘n uniekheid verlore – hiermee maak hulle daardie manne “absoluut gehoorsaam” aan die staat – Ek is redelik oortuig dat hierdie deel was van hoekom die staat die mense so kon verraai sonder dat daar ‘n massaopstand oor die lawwe oorgawe gekom het.

      • Johann Schutte

        Dis `n interessante ding.

        Jy kan hier in NZ kaalgat deur die oerwoud hardloop (soos in die Schwarzwald) en ongedeerd daarvan afkom. Die Maoris het dit vir eeue gedoen. Die omgewing is relatief ‘sag’.

        In Wes Transvaal sal dit heelwat moeiliker wees, synde die omgewing daar hard en ongenaakbaar is.

        Ek het al gewonder of die gevare van die GT, en die Afrikaner se blootstelling aan die ‘harde’ binneland met sy wilde diere en moordende barbare in outoritarianisme/dissipline, as beskermingstrategie vertaal het.

        Ek is self deur die klassieke opvoedingsproses: streng parentale dissipline, ongenaakbare onderwysers, vuur en swael predikante, en intimiderende militere figure.

        Ek dink jy is reg. Die Afrikaner se aanvaarding van outoriteit lei tot `n gebrekkige outonomie wat lewensgevaarlik kan wees, veral as die leiers eie belang (eerder as volksbelang) najaag.

        • Rooikop

          Jy praat van die klassieke opvoedingsproses – die boude wat brand van ouers (snaaks dit was meer ma as pa in my geval) en die ongenaakbare onderwysers. Self het ek die militêre ding net-net gemis met letterlik een jaar – ek was nog besig om te studeer toe diensplig eers na ‘n jaar verminder en toe afgeskaf is. Ek was egter in ‘n skool in die militêre gebied so ek ken daardie omgewing goed – van die PF troep tot die generaal se kinders was saam met my in die klas.
          As ek net vat hoe ek met onderwysers vasgesit het, snaaksgenoeg nie op hoërskool nie – hulle het my uitgelos – maar op laerskool, veral die geskiedenis onderwyser en die skoolhoof wat ook toevallig bybelonderrig (en dan ook politieke pro NP indoktrinasie – dit was darem nie in een les nie) gegee het. Dit was toe reeds vir my opvallend hoe pro-swart, pro-oorgawe die klomp gepraat het (heeltyd die arme goed wat ons onderdruk – ek was ‘n maplotter – ek het die volk geken en geweet hoe hulle is, ek het saam met hulle handearbeid verrig so daai het nie op my afgesmeer nie). Daar het ek “rebel” geword – besluit ek hou nie van regerings en hoe hulle die mense probeer manipuleer nie. Daar was dit ook natuurlik ‘n skande om nie aan die voortrekkertjies te behoort nie en my pa het geweier dat ek dit doen (hoe graag ek ookal wou) – ek weet tot vandag toe nie hoekom nie maar ek reken ook daar is ‘n klomp indoktrinasie gepleeg wat ek toe gelukkig vrygespring het. Gelukkig ook a.g.v. hierdie nare laerskoolloopbaan van my het my ouers my gelei om meer vir myself te dink en nie alles wat ek gesê word of lees vir soetkoek op te eet nie – wel ek dink dit is waar van almal wat hier op Praag rondhang

      • Thys Du Plessis

        Ons aanvaarding van outoriteit kom nie van gister af nie en daar is baie goeie rede daarvoor, mens noem dit beskaafdheid of eerder Godvresendheid. Ons groot probleem is egter ons afgode by naame Piet Retief, Piet Cronje, Adolf Hitler, HF Verwoerd, PW Bota ens. Tereg het ons Vader aan Samuel gesê dat dit nie vir hom is wat die volk verwerp nie maar dat hulle God verwerp, deur n aardse koning te kies. “Absoluut gehoorsaam” moet ons wees maar slegs aan God.

        • Rooikop

          Einste Thys, ons besef nie eers ons het hierdie absolute gehoorsaamheid aan ons leiers prysgegee nie. Dit is juis hoekom jong latte van so 18-19 wat nog vis, nog vlees was op hierdie manier ingetrek is.
          Maar aan die ander kant is ‘n jongman van 18-19 veronderstel om reeds sy eie mens te wees, met rigting. Ons oppiepskoolstelsel hou die kinders kunsmatig onvolwasse in my opinie. Hier het die jode ‘n punt beet. Op 13 is jy ‘n man. Jy moet jou kinders voorberei om reeds op daardie jong ouderdom vir hulleself te kan dink en sorg (werk ook as dit moet al word dit deur die wet verbied). Behandel jou kinders van kleins af op so ‘n manier dat hulle verantwoordelikheid moet aanvaar vir hulle doen en late en denke.

        • jan

          Nog ‘n stuiwer – met tug / oa lyfstraf tronkstraf kan mens slegs gedrag stop.
          Tug sonder opvoeding ‘ rehabilitaie’ in goeie vaardighede is mishandeling.
          Tug is NIE opvoeding nie maar slegs ‘n hulpmiddel.

        • jan

          Regso Thys die OU Test se gehoorsaamheid onder dwang is vervang met die Nuwe Test se gehoorsaamheid uit liefde en dankbaarheid. Sagaria 3

          • Thys Du Plessis

            Dit is ongelukkig waar ons volkie sy groot fout maak, hierdie skeiding tussen die ou en nuwe testament. Wat jy hier bo se is nie waar nie, as jy uit dwang gehoorsaam is ou of nuwe testament is jy op die verkeerde pad en sal dit jou niks baat nie. Koning Dawid jubel sy liefde vir die wet van God uit en die profete waarsku gedurig teen die lippe diens terwyl die volk se hart ver van God af is. Daar word aan my volk n veranderlike god verkondig terwyl die Skepper van hemel en aarde onveranderlik is daar het niks verander van die ou na die nuwe-testament nie al wat gebeur het is dat baie spesifieke profesieë in vervulling gegaan het en daardeur het die seremonies wat heenwysing was op die vervulling van die profesieë tot n einde gekom. Die padwyser’s na die koms van ons Verlosser is nie meer nodig nie want hy het reeds gekom. Die basis van gehoorsaamheid is en was nog altyd die liefde.

        • Maus

          Die tyd voor die konings was beter. God het dan ‘n rigter verwek soos nodig. Die rigters was nie deur mense verkose nie en ook nie uit ‘n “daaropgeregtige” bloedlyn soos konings nie. Ek dink ouens soos Verwoerd en Hitler was meer soos rigters eerder as konings.

    • Riempies

      Displine as opvoedings medium is m.i. die basis van beskawing. Ek wil in n sekere mate verskil van die
      opinie hier. Die Afrikanergeslag wie se uurglas nou begin leegloop was kwaliteit
      eerbare mense wat hard kon werk – met min kon klaarkom en tussen reg en
      verkeerd kon onderskei. Ek wil my ook verstout om te sê dat hierdie geslag ook
      verantwoordeliikheid moet neem vir die geslag wat die leisels moes oorneem en
      te lig was om dit te doen. Finansieële voorspoed en luukse gemaklike lewe was
      na alle waarskynlikheid die oorsaak daarvan dat kinders aan hulleself oorgelaat
      is of deur die huishulp grootgemaak is want mamma moet help om hierdie
      finansieële voorspoed aan te vul. Die gevolg hiervan was n gebrek aan
      geestelike (deur opvoeding) weerbaarheidsgeslag wat sederdien net vererger het.
      Sou hierdie jongmense geestelik weerbaar
      gewees het sou hulle, hulle aan die displine van die weermag kon onderwerp –
      maar nie geintimindeer sou gewees het om in hulle private hoedanigheid as deel van
      die Afrikanervolk hulle stem te kon uitbring waar hulle dit self goed gedink
      het nie.

      • Rooikop

        Jy het ‘n punt hier beet – in die 70s het mammie gewerk om die luukses te kon bekostig en die kinders is deur selina grootgemaak. (dankie tog my ma het nie!). Die probleem vandag is dat as mammie nie ook ‘n inkomste verdien nie, en ‘n grote daarby, dan oorleef die huishouding nie.

      • Rifrug

        Riempies, as jy nog die woord ‘dissipline’ reg kon spel, sou ek aanneem dat jy dalk iets daarvan weet …

        “Displine as opvoedings medium is m.i. die basis van beskawing.”
        “… aan die displine van die weermag kon onderwerp …”

    • Op ‘n sekere geleentheid het my vrou vir my ‘n dubbel pakket DVD’s as geskenk gegee.
      “Band of Brothers” en “Pacific”. Beide is volledige stelle van gebeure gedurende WW II.
      saam met hierdie twee stelle DVDs was daar een ekstra DVD wat nooit aan die algemene publiek vertoon was nie en ek vermoed min mense van weet of terloops gesien het.
      Dit handel rondom die TRAUMA van oorloog , die invloed daarvan op die gemeenskappe en die naasbestaandes asook natuurlik op die soldate wat terug keer huis toe.
      Oorlog was en is nog nooit MOOI gewees nie. dit is brutaal en hartverskeurend vir elke mens.
      Tensy jou ingebore brutale vernietigings drang deel van jou kultuur is en jou aandryf tot robuuste barbaarse gedrag teenoor mens en dier en daar genot uit geput word. Dit begin dan, ek glo, ook te grens aan duiwelse wellus bevrediging.
      Sou dit vereis word om dienooreenkomstig op te tree teenoor sulke enkele of georkestreerde optredes kan dit beteken dat daar ‘n oorlog kan ontstaan en moet ons besef dat dit nie “mooi” sal wees nie maar tog ten doel het om gemeenskappe (volk) te beskerm en te beveilig.
      Ek hoop nie ek was nou lomp in my verduidellikking nie, maar vertrou tog dat u sal verstaan wat my siening is.

    • jan

      Wat met ons gebeur is soms nie ons eie toedoen nie [ soms wel ]
      Maar wat ons daaromtrent doen is ALTYD in ons eie hande.
      Wat die Praag lesers DOEN sal ons toekoms bepaal nie soseer die uitslag van die outopsie nie.

      Die Klasaksie teen Pret Univ kan geweldige goeie dinge tot gevolg hê. .

  • Ben

    Ek onthou eenkeer toe ek ‘n jong outjie in uniform in Vanderbilpark ‘n saamry gegee het. Hy was so paraat en edel. Politiek is korrup, dalk net meer so in Afrika, so laat die volk elkeen vir homself sin sien in die beskerming van Sefanja 3 se gebied oorkant die Rivier van Kus.

  • jan

    Die ding wat ons sal moet begryp en aanvaar is dat die boustene van ‘n volk nie die weermag is nie maar die Bybelse [LW] huwelik en die gesin. AL die ander goed is hulpmiddels.
    En die lot van die volk is in die hande van die moeders…..
    Enigiets wat die gesin / huwelik verswak vernietig die volk.

    Dis waaroor Bellini se Area ‘Casta Diva’ [huismoeder] so asemrowend mooi en aangrypend is .Dis die gebed van die Moeder vir haar seuns wat weermag toe moet gaan. Joan Sutherland se meesterstuk.

  • Anton Hart

    uitstekende artikel JAN KRUGER -Dankie vir plasing -ek glo jou gedagtes verteenwoordig baie van ons sin ook !

  • donkertyd

    Die laaste vers is waar ons die groot fout gemaak het want alles en almal het meer sê gehad as God in die land en dit is vandag nog so , jy kan baie dinge doen maar jy kan nie die Here mislei nie , Hy sien jou hart en sonder Hom staan die afrikaner nie n kans nie , wie kan weesrtand bied teen die aanslag van Hom wat die leerskare lei ?

    Uit die blou van onse hemel,Uit die diepte van ons see,Oor ons ewige gebergtesWaar die kranse antwoord gee.Deur ons vêr verlate vlaktesMet die kreun van ossewa.Ruis die stem van ons geliefde,Van ons land Suid-Afrika.Ons sal antwoord op jou roepstem,Ons sal offer wat jy vra:Ons sal lewe, ons sal sterwe,Ons vir jou, Suid-Afrika.
    In die murg van ons gebeente,in ons hart en siel en gees,In ons roem op ons verlede,In ons hoop op wat sal wees.In ons wil en werk en wandel,Van ons wieg tot aan ons graf.Deel geen ander land ons liefde,Trek geen ander trou ons af.Vaderland, ons sal die adel,Van jou naam met ere dra:Waar en trou as Afrikaners,Kinders van Suid-Afrika.
    In die songloed van ons somer,in ons winternag se kou,In die lente van ons liefde,in die lanfer van ons rou.By die klink van huw’liksklokkies,by die kluit-klap op die kis.Streel jou stem ons nooit verniet nie,Weet jy waar jou kinders is.Op jou roep sê ons nooit née nie,Sê ons altyd, altyd ja:Om te lewe, om te sterwe -Ja, ons kom, Suid-Afrika.
    Op U Almag vas vertrouendhet ons vadere gebou:Skenk ook ons die krag, o Here!Om te handhaaf en te hou.Dat die erwe van ons vadereVir ons kinders erwe bly:Knegte van die Allerhoogste,Teen die hele wêreld vry.Soos ons vadere vertrou het,Leer ook ons vertrou, o Heer:Met ons land en met ons nasieSal dit wel wees, God regeer.