Cameron se opvolgers skop veldtog af

Deel op

Die twee gunstelinge om die nuwe Britse eerste minister en leier van die Konserwatiewe Party te word, sal vandag hul veldtogte bekendstel.

Die minister van binnelandse sake, Theresa May en voormalige burgemeester van Londen, Boris Johnson (foto hierbo) sal waarskynlik klem lê op hul vermoë om die party weer saam te snoer ná die referendum oor lidmaatskap van die Europese Unie.

Hulle het die veldtog gelei om die EU te verlaat. Die voormalige minister, Liam Fox en die sekretaris van werke en pensioene, Stephen Crabb het hulle ook verkiesbaar gestel.

Die nuwe leier in die plek van David Cameron sal op 9 September aangewys word.

Wetgewers van die Europese Unie (EU) het intussen in Brussel vergader om die onverwagte besluit te bespreek van die Verenigde Koninkryk om die EU te verlaat.

Hulle het ’n beroep op Brittanje gedoen om so gou as moontlik met die uittrede-proses te begin.

’n Nie-bindende resolusie Dinsdag sê die proses moet begin sodra die Britse eerste minister, David Cameron, EU-leiers oor die uitslag van die referendum in kennis stel.

Cameron het die EU oor die referendum en Brittanje se toekoms ingelig en aangedui dat Brittanje waarskynlik nie artikel 50 van die Lissabon-verdrag vóór Oktober in werking sal stel nie.

EU-leiers het die politieke chaos in Brittanje erken, maar hulle wil steeds hê artikel 50 moet so gou as moontlik in werking gestel word om markte te kalmeer en Europese burgers te verseker.

Openbare steun vir uittrede uit die EU is besig om te groei weens die feit dat Duitsland ongebreidelde immigrasie aan lidlande opdring.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.