PRAAG stel binnekort nuwe veiligheidstoepassing vry

Deel op

PRAAG wil ‘n oplossing bied vir die verswakkende veiligheidsituasie in Suid-Afrika met ‘n splinternuwe slimfoontoepassing.

Die polisie ontvang nasionaal nagenoeg 29 400 noodoproepe per dag by sy 22 beskikbare inbelsentrums. Dié oproepe is na die polisie se 10111-nommer om misdaad aan te meld.

Die aantal daaglikse oproepe wat ontvang word, is ongeveer 20 oproepe per minuut. Slegs mense in nood behoort te bel vir hulp, maar dit is dikwels moeilik om deur te kom na die polisie se noodlyn.

Inbellers wat inbel met vals inligting of poetsbakkers, skep voorts ‘n onnodige vermorsing van hulpbronne en tyd.

PRAAG beoog daarom om binnekort ‘n landwye noodtoepassing vry te stel waarmee mense in gevaar dadelik die heel naaste hulp sal kan ontbied.

Terwyl die polisie aanbeveel dat telefoonnommers van die naaste polisiestasie en mediese nooddienste byderhand is, is daar 08600 10111 as alternatief vir 10111, asook die nommer 112 vir selfone.

Die toepassing sal alle boodskappe na ‘n sentrale beheerkamer herlei vanwaar die nooddienste, buurtwagte en privaatveiligheidsdienste en GPF-lede uitgestuur kan word.

Selfs buitelandse toeriste sal teen betaling van die PRAAG-diens gebruik kan maak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.