Beroemde Jan Hettema naby Pretoria vermoor

Die beroemde Springbokfietsryer en tydrenjaer Jan Hettema is gisteroggend te Boschkop net oos van Pretoria vermoor. ‘n Bende rowers het ingebreek en die 83-jarige Hettema doodgeskiet, terwyl hulle sy vrou ook aangeval en beseer het.

Sy dogter Helena Hettema is insgelyks ‘n bekende Afrikaanse sangeres. Hettema is oorspronklik in Nederland in Leeuwarden gebore. Gister is daar ook vanuit die Nederlandse parlement navraag oor Hettema se moord gedoen.

Volgens Netcare 911 was Hettema reeds dood toe hul ambulans op die toneel aankom. ‘n Woordvoerder, Athlenda Mathe, sê: “Toe ons op die toneel aankom, het ons gevind dat die bejaarde man reeds gesterf het, as gevolg van die skietwond wat hy opgedoen het. Ons het hom op die toneel dood verklaar, waarna sy liggaam aan die Bosckop-polisie oorhandig is.”

Volgens berigte het Hettema en sy vrou Elsa hulle in die slaapkamer probeer toesluit nadat hy buite opgemerk het dat gewapende swartes met klapmusse op die perseel was. Die deur is egter afgebreek, waarna die boosdoeners Hettema na die kombuis geneem en in die gesig geskiet het.

Hettema het vyf keer die Suid-Afrikaanse tydrenkampioenskap gewen. Hy het ook namens Suid-Afrika as fietsryer aan die Olimpiese Spele in 1956 in Australië deelgeneem.

 

 

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.