Polisielid doodgeskiet na oproer

Deel op

Die polisie is steeds opsoek na vier swart verdagtes, nadat ‘n polisiebeampte in Diepsloot (foto hierbo), noord van Johannesburg doodgeskiet is.

Die gebied het Maandag onder oproer deurgeloop wat tot openbare geweld gelei het.

Die Gautengse polisiewoordvoerder, Lungelo Dlamini sê die beampte en sy kollega was besig om ‘n motorband langs die pad te vervang toe hulle deur die verdagtes aangeval is.

Volgens Dlamini is die een polisiebeampte geskiet, en albei beamptes se vuurwapens is gesteel.

Die beampte is oppad na die hospitaal dood, en die aanvallers het te voet gevlug.

Die Gautengse polisie het intussen ‘n 36-jarige verdagte in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n man wat twee weke gelede buite die ANC se tak uitvoerende komitee vergadering in Pretoria doodgeskiet is.

Simon Modige is vermoor ‘n dag voordat Thoko Didiza aangekondig is as die ANC se burgemeesterskandidaat vir die Tshwane Metro.

‘n Gautengse polisiewoordvoerder, Noxolo Khweza sê die man word aangekla van moord, maar nog aanklagte kan bygevoeg word.

Khweza sê hulle gaan voort om gebiede in en om Pretoria waar gewelddadige betogings plaasgevind het, te monitor.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.