Man in Springs met R50 miljoen se goud betrap

Deel op

‘n Onbekende man (31) is in hegtenis geneem in Springs Maandag vir die besit van onverwerkte goud ter waarde van R50 miljoen.

‘n Woordvoerder van die Valke in Noordwes, Tlangelani Rikhotso, sê die onverwerkte goud was versteek in die enjinkompartement.

Die verdagte is Maandagaand in hegtenis geneem in Springs, nadat Valkelede inligting ontvang het van ‘n voertuig wat gebruik word om goud te smokkel van Noordwes na Gauteng.

Blykbaar was die verdagte alleen in ‘n silwer Audi A6 op pad toe die Valke toegeslaan het.

Hulle het die voertuig deursoek en die onverwerkte goud in die Audi se enjinkompartement gekry.

Die verdagte verskyn vanoggend in die Springs-landdroshof.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.