Dodelike ISIS-aanval op Istanbul-lughawe eis talle

Deel op

‘n Geweer- en bomaanval op Istanbul se Ataturk Internasionale Lughawe Maandagaand het die lewens van 50 mense geëis.

Meer as 239 mense is in die aanval beseer. ‘n Polisiewoordvoerder sê drie aanvallers het by die ingang van een van die terminale op mense begin skiet.

Hulle het hulself opgeblaas toe polisie op hulle begin skiet. Die Eerste Minister Binali Yildirim sê dit blyk asof die sogenaamde Islamitiese Staat vir die aanval verantwoordelik is.

Volgens mediaberigte word Ataturk-lughawe reeds vir ‘n geruime tyd as ‘n weerlose teiken beskou.

Baie gewone Turke is toenemend bekommerd en kwaad dat die oorlog op die grens teen Sirië oor die grens spoel en in die land binnegedring het.

Die aanvalle is nie eerste wat Turkye tref nie en is vermoedelik weer die werk van ISIS.

Van die drie selfmoordbommers in die lughawe-aanval, was twee by die internasionale terminaal, en die derde terroris was in die nabygeleë parkeerterrein, het ‘n Turkse amptenaar het aan CNN gesê.

Al drie ontploffing het het hulself opgeblaas.

Die Turkse president Erdogan het ‘n oproep gedoen om verenigde internasionale stryd teen terrorisme.

Dit is Europa se derde besigste lughawe.

Minstens twee Suid-Afrikaners het die aanval op die Ataturk-lughawe in Istanboel aanskou en oorleef.

Die 77-jarige Paul Roos en sy vrou Susie het gesien hoe een van die drie aanvallers wild in die vertreksaal geskiet het.

Hulle sê hulle het agter `n toonbank weggekruip, maar die man dopgehou. Roos sê daar was twee ontploffings voor die man met die roltrap na die onderste verdieping beweeg het.

Nog skote is afgevuur, gevolg deur `n ontploffing waarna dit stil geword het.

Roos en sy vrou was op pad Kaapstad toe na `n vakansie in Turkye.

Owerhede het bevestig dat drie selfmoordbomdraers eers op mense by die lughawe losgebrand het voordat hulle hulself opgeblaas het toe die polisie op hulle geskiet het.

Volgens amptenare was meeste van die slagoffers Turke, hoewel buitelanders ook in die aanval dood is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.