Oorbevolking in SA-tronke onder die loep

Deel op

Suid-Afrikaanse tronke is nommer een in Afrika en elfde in die wêreld in terme van oorbevolking.

Dit is een van die kwessies wat aan die lig gebring is deur die Gebiedskommissaris vir die Departement van Korrektiewe Dienste (DKD), Nthako Nyapotse.

Hy het gepraat by ‘n rondetafelgesprek oor die verbetering van toestande vir gearresteerdes en aangehoue persone, wat by die Grootvlei-gevangenis buite Bloemfontein plaasgevind het.

Verdere statistiek toon dat daar tans sowat 159 000 gevangenes in die land is, maar dat daar slegs bedruimte vir 120 000 gevangenes beskikbaar is.

Nyapotse sê die DKD het strategieë geïdentifiseer om oorbevolking te evalueer.

“Ons verwyder kinders uit ons fasiliteite, na ‘n plek van veiligheid, maar daar is nie baie nie. Ons het sowat drie tans.

“Daar is ook ‘n hofbeslissing wat sê onwettige immigrante moet nie in ons fasiliteite aangehou word nie. Ons het ook die aantal aangehoudenes met borgtog laat afneem, in terme van Artikel 63 van die Wet op Kriminele Wet prosedures,” sê Nyapotse.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.