Tesourie: Zuma moet byna R8 miljoen opdok vir Nkandla

Deel op

Die Tesourie se verslag rakende Nkandla is een stap nader aan die ontknoping van die sage.

Die Tesourie-verslag bepaal dat Zuma R7,8 miljoen moet terugbetaal vir opgraderings wat aan sy privaatwoning by Nkandla gedoen is.

Die verbeteringe wat geïdentifiseer is, sluit in die besoekersentrum, amfiteater, beeskraal, hoenderhokke en swembad, of die sogenaamde brandpoel.

In Maart het die Grondwethof die Tesourie 60 dae tyd gegee om die bedrag te bepaal wat Zuma moet terugbetaal nadat die hof bevind het dat Zuma versuim het om die grondwet te handhaaf en te eerbiedig.

Indien die Hof die aanbeveling aanvaar, het Zuma 45 dae om die geld terug te betaal.

Opposisiepartye het gesê die bedrag is nie voldoende nie aangesien dit minder as vyf persent is van die totale bedrag wat bestee is.

Die nasionale tesourie het Sondagaand bevestig dat hy die sperdatum van 28 Junie, soos bepaal deur die grondwetlike hof, sal nakom.

Dié hof het op 31 Maart bevind dat die openbare beskermer (OB) se bevindinge bindend is en het die tesourie gevra om die koste van die verbeteringe, wat nie met sekuriteit verband hou nie, te beraam wat deur die departement van openbare werke aangebring is.

Sowat R246 miljoen se opgraderings is aan die woning gedoen.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.