‘Britte moet besluit wie gaan uitrede onderhandel’

Deel op

Brittanje moet besluit wie die land in onderhandelinge oor uittrede uit die Europese Unie (EU) verteenwoordig, het Frankryk se minister van buitelandse sake, Jean-Marc Ayrault (foto hierbo), voor sy vertrek na post-Brexit solidariteitsamesprekings in Praag gesê.

Ayrault sê dit is nie “outomaties” dat Brittanje soortgelyke toegang as Switserland na die EU-mark sonder die vrye beweging van kapitaal, goedere en dienste sal kry nie.

Tot nou toe het die Britse premier, David Cameron, nog nie artikel 50 van die Lissabon-verdrag in werking gestel nie. Hy wil vir drie maande wag tot sy regerende Konserwatiewe Party ’n nuwe leier aangewys het.

Die graderingsagentskap Standard en Poor’s het Brittanje se kredietgradering intussen met twee kerwe verlaag.

Die afgradering spruit voort uit die besluit om die Europese Unie te verlaat en die daaropvolgende daling in die waarde van die pond.

Standard en Poor’s het gewaarsku dat hy die gradering selfs verder kan verlaag. Die agentskap sê die negatiewe vooruitsigte weerspieël die risiko’s vir ekonomiese groei, fiskale beheer, en die rol van die pond as ‘n reserwe geldeenheid.

Daar is ook ‘n risiko vir die grondwetlike en ekonomiese integriteit indien daar nog ‘n referendum is oor Skotse onafhanklikheid.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.