Negentien polisiebeamptes wat glo smokkel voor

Deel op

Negentien polisiebeamptes en twee beamptes van binnelandse sake sal na verwagting vandag weer in Zeerust in die hof verskyn.

Dit volg nadat hulle glo in November verlede jaar smokkelaars by die Kopfonteingrenspos tussen Suid-Afrika en Botswana gehelp het om onwettige sigarette die land in te bring.

Alle verdagtes is vroeër op R1 500 borgtog elk uitgelaat.

Hulle staar altesaam 54 aanklagte van bedrog en korrupsie in die gesig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.