Plakkers maak amok by Bloemfontein

Deel op

Die ringpad suid van Bloemfontein, wat die Reddersburg- en Dewetsdorp-paaie verbind by die Dinaweng-plakkerskamp, is vir verkeer gesluit.

Lede van die Mangaung se verkeersdepartement het die pad aan weerskante versper en herlei verkeer na alternatiewe roetes.

Dit kom ná voortslepende oproer oor ANC-kandidate wat vir die verkiesing aangewys is.

Plakkers het Maandag twee minibusse aan die brand gesteek en die pad met klippe versper.

‘n Inwoner het vanoggend aan OFM-nuus gesê die situasie was Maandagaand omstreeks 10:00 buite beheer toe oproeriges ‘n motor aan die brand gesteek het. Die situasie is egter vanoggend kalm.

Die uitgebrande wrakstukke staan steeds in die pad, met klippe wat op sekere plekke nog nie uit die pad verwyder is nie.

Die polisie kon nog nie bevestig of enigiemand in hegtenis geneem is nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.