Solidariteit: Joernaliste se skorsing in belang van hele SA

Deel op

Volgens Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit (foto hierbo), is “die skorsing van joernaliste by die SAUK in belang van alle Suid-Afrikaners”.

Solidariteit verteenwoordig twee van die geskorste SAUK-joernaliste, Foeta Krige en Suna Venter, maar met dié stelling van Hermann aan Netwerk24 het die twee min hoop om ooit weer heraangestel te word.

Die twee wou berig oor ‘n betoging voor die SABC deur ‘n Soros-front genaamd Right2Know.

Die probleem is egter dat die organisasie byna geen steun onder Suid-Afrikaners geniet nie en blykbaar alleen staatmaak op joernaliste wat hul goedgesind is om gratis bemarking vir hulle te doen.

Krige, uitvoerende regisseur van Kommentaar en die nuusprogramme Monitor en Spektrum, Venter, senior RSG-regisseur, en Thandeka Gqubule, die SAUK se sakeredakteur, is Donderdagmiddag geskors.

Hulle het tydens ‘n nuusvergadering gekla omdat die SABC nie Right2Know-veldtog wil dek nie.

Hermann, wat soms voorgee dat hy Afrikaners verteenwoordig, het sy tevredenheid uitgespreek dat die kwessie alle rasse betrek maar die skorsings as “kraak in die grondwetlike bestel” gekritiseer.

“Ons dink die probleem is by die oorspronklike opdrag wat gegee is. Die probleem is nie by die werknemers nie, maar hoër op. Dis ‘n opdrag wat nie uitgevoer kan word nie en wat ons demokrasie sal benadeel.”

Die opdrag word egter heel vlot uitgevoer en die SABC het nog geen berig oor Soros se handlangers uitgesaai nie.

Hermann is klaarblyklik bekommerd dat die huidige diktatuur nog nie genoeg van ‘n tirannie is nie. Hy het landsburgers aangemoedig om te sorg dat mag in die uitvoerende gesag se hande bly.

“Die hele idee van ‘n grondwetlike staat word beveg. Elke burger het ‘n plig om te keer dat ons in ‘n situasie beland waar die oorspronklike mag nie in die uitvoerende gesag lê nie,” het Hermann aan Media24 gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.