Trump wens Brexiters geluk

Deel op

Die Republikeinse presidensiële kandidaat Donald Trump het vol lof vir die Britse gereageer, en gesê hulle “het beheer van hul land teruggeneem” deur te stem om die Europese Unie te verlaat.

Die eiendomsmagnaat het sy ondersteuning vir ‘n Brexit in die afgelope maande bevestig.

Trump, wat in Skotland is om ‘n gholfbaan te open (foto hierbo), het gesê dat hy persoonlik gedink het dit sal beter wees om die EU te verlaat en gesê Britte “het weer beheer van hul land teruggeneem”.

“Mense is kwaad, oor die hele wêreld, hulle is kwaad,” het hy gesê. “Hulle is kwaad oor grense, hulle is kwaad oor mense wat in hulle lande inkom en oorneem. Niemand weet eers wie hulle is nie. Hulle is kwaad oor baie, baie dinge.”

Toe hy gevra is of hy bedoel in die Verenigde State van Amerika of die Verenigde Koninkryk, het Trump gesê: “Daar is baie ander plekke. Dit sal nie die laaste wees nie,” berig Reuters.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.