PRAAG loods klasaksie teen Tuks vir R360 miljard oor Afrikaans

Deel op

Die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (PRAAG) eis R360 miljard van die Universiteit van Pretoria in ‘n klasaksie namens alle Afrikaners in Gauteng, Limpopo en Mpumalanga. PRAAG sal as fasiliteerder namens die 1,2 miljoen Afrikaners in dié provinsie optree wat deur die universiteit se besluit om Engels voortaan die enigste onderrig- en voertaal te maak, benadeel word.

Tesame met die universiteit, sal die ANC, SAKP as terreurorganisasies wat Pretoria beset, gedagvaar word, asook die minister van onderwys. Hier volg die volledige brief wat dr. Dan Roodt van PRAAG aan die rektor van Tuks, prof. Cheryl de la Rey, gerig het.

Prof. Cheryl de la Rey
Rektor
Universiteit van Pretoria
Geagte prof. Cheryl de la Rey,

Ons, die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (PRAAG), het kennis geneem van die besluit van die Universiteit van Pretoria om voortaan Engels as die onderrig- en voertaal van u instelling te aanvaar.

U besluit, asook vorige rassistiese, anti-Afrikaanse en diskriminerende beleid jeens ons etniese groep, u samewerking met terreurgroepe soos die ANC en SAKP, asook die Economic Freedom Fighters wat ‘n Afro-marxistiese rebellegroep verteenwoordig, het reeds geweldige menseregteskendings en skade aan Afrikaners in ten minste drie provinsies, te wete Gauteng, Limpopo en Mpumalanga, berokken.

Namens die klas van Afrikaners oftewel Afrikaanssprekende blankes in daardie drie provinsies, eis ons die bedrag van R360 miljard van die Universiteit van Pretoria om ons te vergoed vir, onder andere (die lys is onvolledig):

1. Benadeling van en skade aan die Afrikaanse taal en kultuur;

2. benadeling van en skade aan ons kinders se tersiêre opvoeding en hul ekonomiese vooruitsigte;

3. intimidasie, terreur en geweld teen Afrikanerstudente op die kampus van die Universiteit van Pretoria;

4. u samewerking en gemeensaak met die internasionale terroristegroep bekend as die African National Congress en die South African Communist Party wat deur terreur, geweld, afpersing en intimidasie aan bewind gekom het en tans die land, waaronder die stad van Pretoria, beset en strydig met die Geneefse en ander konvensies besig is om ons kulturele en ander erfenis, waaronder opvoedkundige hulpbronne, te vernietig, te verander of ons toegang daartoe te ontsê;

5. ‘n beleid van kulturele, talige en rassediskriminasie teen die Afrikanergroep in genoemde drie provinsies.

Indien u nie binne een week, dit wil sê teen Vrydag 1 Julie, instem tot ‘n skikkingsooreenkoms en die betaling van die R360 miljard (R300 000 per lid van ons klas van 1,2 miljoen mense) te reël nie, sal ons voortgaan om dagvaarding teen u in ‘n bevoegde hof uit te reik, asook teen die minister van onderwys, tesame met genoemde internasionale terreurorganisasies wat ons grondgebied en ons opvoedkundige instellings onwettig beset, teen ons as nasionale minderheid diskrimineer en ‘n beleid van verbloemde en onverbloemde volksmoord teen ons voer.

Let wel dat PRAAG bloot die geding sal fasiliteer namens die klas van alle Afrikaners in Gauteng, Limpopo en Mpumalanga wat deur u huidige en vorige optrede benadeel is, en dat ons nie noodwendig ‘n party in die geding sal wees nie, hoewel dit nie uitgesluit is nie.

Ons behou ook alle regte voor om u in internasionale howe te dagvaar vir skadevergoeding en skending van ons mense- en taalregte.

Die uwe,

Dr. Dan Roodt
Direkteur, PRAAG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.