Brexit-aardbewing tref linkses wêreldwyd

Deel op

‘n Aardbewing het ons getref en die stof is so dik dat asemhaling onmoontlik is!

Dit was die paniekbevange geweeklaag van Brittanje se linkses en pro-immigrasie eenwêreldaanhangers nadat die Britte vir Brexit gestem het. Die Union Jack (foto bo) sal nie meer in Europa wapper nie.

‘n Meerderheid, meer as 51% het ten gunste van die beëindiging van lidmaatskap van die Europese Unie gestem in Donderdag se referendum. Net meer as 48-persent wou lid van die EU bly.

Slegs Londen, die sentrum van die banke, het gestem om in die EU te bly. Die noorde van Engeland het oorweldigend teen die EU gestem.

Oproepe vir David Cameron om te bedank na die groot nederlaag het reeds opgeklink.

Noord-Ierland en Skotland wat sterk ten gunste van voortgesette EU-lidmaatskap was, sal aanstons verklarings uitreik oor hul strewe om weg te breek uit die Verenigde Koninkryk.

In ‘n referendum wat hy net kon verloor, al wen hy ook, het Cameron sy eie posisie dermate verswak dat hy waarskynlik nie sal kan aanbly as premier nie.

Die nuus is met groot vreugde in Europa deur die onderskeie regse partye van Geert Wilders en Marine Le Pen ontvang.

In Brittanje het Nigel Farage gesê die “oorlog is gevoer teen multinasionale maatskappye, teen die groot handelsbanke, teen groot politiek, teen leuens, misleiding, korrupsie en bedrog”.

Die Britse pond het tot sy laagste vlak sedert 1985 teruggesak. Aandele in Japan het met meer as 3% gedaal en die Nikkei moes sluit. Goud het egter sterk vertoon.

Vroeë aanduidings het reeds getoon dat meer mense, as wat verwag is, ten gunste daarvan is om die EU te verlaat.

Die nuus kom nogtans as ‘n groot skok vir aanhangers van die Nuwe Wêreldorde.

Suid-Afrikaanse ekonome het ook vroeër gewaarsku dat ‘n wegbreekstem verreikende gevolge vir die land se ekonomie sal hê.

Raymond Parsons van die Noordwes Universiteit se Sakeskool sê so ‘n stap sal Suid-Afrika in ‘n tydperk van onsekerheid inlei.

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se swak besluit om rentekoerse te verhoog sal ná hierdie nuus die ekonomie waarskynlik in ‘n resessie dwing.

Brittanje was 43-jaar lank lid van die EU.

President Barack Obama, wat Brittanje aangemoedig het om te “bly” asook die voormalige minister van buitelandse sake Hillary Clinton se stemme is Donderdag uitgedoof.

Slegs Donald Trump het die veldtog om die EU te verlaat gesteun.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.