Aanvaller in Duitse fliekteater doodgeskiet

Deel op

‘n Gemaskerde aanvaller is deur die Duitse polisie doodgeskiet nadat hy in ‘n rolprentteaterkompleks in die dorp Viernheim naby Frankfurt op mense losgebrand het.

Die gewapende man het ‘n springstofgordel en handgranaat langs hom gehad. Hy het “gebroke Duits” gepraat. Die owerhede het ‘n nuusstilte oor die besonderhede van die skieter aangekondig.

Talle mense is gewond terwyl ‘n elite reaksie-eenheid Spezialeinsatzkommando (SEK) na die toneel gehaas het. Die hospitaal in Darmstad het ‘n noodtoestand afgekondig.

Volgens die Duitse media het die aanvaller fliekgangers gyselaar gehou en die polisie moes geweld gebruik om in die gebou in te breek. Hy is glo na ‘n geveg met wetstoepassers doodgeskiet.

Ooggetuies sê tussen 50 en ‘n 100 beamptes het op die kompleks toegesak.

Die minister van binnelandse sake van die deelstaat Hessen, Peter Beuth, sê die Duitse polisie se spesiale reaksie-eenheid het die gebied rondom die teaterkompleks kort ná die begin van die voorval afgesper.

‘n Polisiewoordvoerder Bernd Hochstädter het gesê die polisie se operasie het ongeveer drie ure geduur.

Christiane Kobus, ‘n Duitse polisiewoordvoerder, het bevestig dat ‘n “bedreigingsituasie” ontvou het maar geen verdere besonderhede is gegee nie.

Plaaslike mediaverslae sê ‘n gewapende man ten minste een skoot afgevuur, maar volgens die Guardian is vier skote gehoor.

Aanvanklik was daar berigte in die media dat tot 50 mense beseer is tydens die aanval, moontlik weens traangas.

Volgens die nuusagentskap dpa, het die polisie gesê dit is die “individu is deurmekaar”.

Hochstädter het aan die koerant Die Welt gesê: “Ons het geen aanduidings wat die motief kon gewees het nie.”

Duitsland het een van die hoogste hoeveelheid wapens per kop in die wêreld, maar ook een van die laagste geweldsmisdaadkoerse in Europa: ‘n Sterftesyfer van 0,05 per 1000 mense, in vergelyking met 3,34 in die VSA.

Die terreurgroep ISIS het reeds herhaaldelik gewaarsku dat hulle aanvalle in Duitsland beplan.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.