Tuks-staking: Rektor ontvang meer as R3m per jaar

Deel op

In ‘n stakingsbrief wat deur vakbonde aan die Universiteit Pretoria vrygestel is, word die vergoedingspakket van die huidige rektor, prof. Cheryl de la Rey, onder wie se leierskap die universiteit finaal verengels word, onthul. Sy ontvang altesaam meer as 3 miljoen rand, waaronder R2,2m aan salaris en R850 000 aan ‘n bonus, plus ander byvoordele.

Die stakingsbrief (sien hier onder) begin met die aanhef, “revolusionêre groete” en is deur NEHAWU, Solidariteit en UPWO onderteken. Blykbaar bied die universiteit net 8% verhoging aan, terwyl die vakbonde 8,8% eis teenoor 10% wat aan sommige universiteite toegestaan is.

Interessant is ook dat die universiteit oor R10 miljard se kontantreserwes beskik, afgesien van ander beleggings, terwyl gerugte deur Engelsgesindes versprei word dat hy nie “Afrikaans meer kan bekostig nie”.

Volgens die brief begin die staking vandag.

Tuks_stakingsbrief

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.