‘n Suid-Afrikaner, twee Australiërs en twee Nigerië is volgens AFP in Akpabyuo, Nigerië ontvoer.
Hulle werk almal vir ‘n Australiese myn- en ingenieursmaatskappy.
Twee van die buitelanders wat in Nigerië ontvoer is, het intussen daarin geslaag om te ontsnap.
‘n Voormalige Suid-Afrikaner wat nou in Nieu-Seeland woon, twee Australiërs en twee Nigeriërs is ontvoer nadat die bestuurder van hulle voertuig naby die hoofstad van die Cross River-staat, Calabar, doodgeskiet is.
Dit is nog nie bekend of die oud-Suid-Afrikaner een van die mans is wat ontsnap het nie.
Die mans werk vir Macmahon, in Perth. Die vyf mans is volgens ooggetuies op ‘n boot gelaai.
Luidens ander berigte is sewe mense ontvoer.