Ryk Hillary kry Donald nie afgeskud nie

Deel op

Luidens ‘n nuwe verslag wat deur die Amerikaanse Federale Verkiesingskommissie bekendgemaak is, het Hillary byna 10 meer hulpbronne om die presidentsverkiesing aan te pak.

Die kommissie toon aan dat die Demokratiese party se waarskynlike presidentskandidaat Clinton, bykans nege keer meer geld en tien keer meer personeel beskikbaar het vir haar verkiesingsveldtog as haar Republikeinse teenstander, Donald Trump.

Die Trump-veldtog het na bewering aan die einde van Mei net meer as drie miljoen dollar in die bank gehad teenoor Clinton se 26 miljoen dollar.

Trump, wat ‘n sakeman is, het vir ‘n geruime tyd sy eie veldtog gefinansier.

Bernie Sanders, wat die knie moes buig voor Clinton, het $9 miljoen in die bank oor.

Trump het tans minder geld as die veldtogte van Ted Cruz en Ben Carson, wat albei in die vorige maande uit die wedloop moes tree.

Ten spyte van dié geweldige voorsprong kan Clinton dit skynbaar nie regkry om Trump af te skud nie.

Clinton is effens voor Trump in Florida met 8 persentasiepunte, maar die twee is feitlik kop-aan-kop in Pennsylvania en in Ohio, volgens ‘n Quinnipiac-meningspeiling wat Dinsdag vrygestel is.

Clinton is voor Trump met 47% teen 39% in Florida, terwyl albei 40 persent stemme in Ohio trek en sy ‘n klein voorsprong van 42-41 persent in Pennsylvania kon behaal.

Die peiling fokus op die drie belangrikste slagveldstate, omdat geen kandidaat sedert 1960 die presidensiële wedloop gewen het sonder om ten minste twee van die drie deelstate in te palm nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.