Dieretuin moet ingryp om baba-seekoei van ouers te red

Deel op

Ná ‘n onderdonsie tussen mamma- en pappa-seekoei by die Bloemfonteinse Dieretuin, moes die personeel noodgedwonge ingryp en baba-seekoei self met die hand groot te maak.

Darryl Barnes, bestuurder van die dieretuin, sê die klein Tsebo, wat op 29 Mei gebore is, ontvang tans intensiewe behandeling nadat sy beserings tydens die geveg tussen haar ouers opgedoen het.

Barnes sê dit gaan egter nog lank vat voor die klein seekoeitjie buite gevaar is.

“Ons het hom weggevat by sy ouers en die veearts ontbied. Ons het sy wonde behandel en so aan. Die personeel bring baie tyd saam met hom deur. Hy moet eers gewoond raak aan die mense, dit is immers ‘n wilde dier. Hy begin stadig maar seker meer en meer drink. Hy raak al hoe sterker, en soos wat hy groter word, sal ons sy dieet dan aanpas. Dit is egter ‘n baie lang proses wat ons onsself voor ingelaat het.”

Bron: OFM

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.