Polisie ontken skerppuntaksie teen oproeriges

Deel op

‘n Groep oproeriges het van lewendige ammunisie gebruik gemaak terwyl hulle probeer het om in te breek in ‘n winkelsentrum in Mamelodi Dinsdag, het die polisie gesê.

Iemand het die slot van die geslote ingang na die sentrum afgeskiet, het ‘n polisiewoordvoerder gesê.

“Ons het dadelik gereageer en die skare uitmekaar gejaag,” het die beampte gesê.

Die polisie het gereageer op gerugte dat hulle skerppuntaksie teen inwoners gebruik.

“Ons hoor dat daar verslae is wat beweer dat ons regte ammunisie gebruik. Dit is nie waar nie.”

Buitelanders se winkels is geplunder in Atteridgeville en ‘n twintigtal Autopax busse is aan die brand gesteek tydens die oproer wat Maandag uitgebreek het.

Die onrus volg na die ANC se besluit om Thoko Didiza as Tshwane burgemeesterskandidaat die party te benoem in die plaaslike regeringsverkiesings wat op 3 Augustus plaasvind.

Ten minste 21 Zimbabwiërs wat onderweg was na Johannesburg het net-net aan die dood ontkom nadat hulle aangeval en beroof vis deur gewelddadige onrusmakers 40km buite Pretoria op die N1.

Oproeriges het ‘n Eagle Liner bus gekaap vol Zimbabwiërs en die ongelukkige passasiers van hul waardevolle items gestroop en die bus in ligte laaie gelaat.

Een van die passasiers is beseer toe hy getref is deur ‘n klip.

Die bus wou omdraai, maar die oproeriges het die pad afgesper.

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het gewaarsku teen stamgebondenheid wat die aanvalle in die Tshwane-metrogebied oorheers.

Die bus was op pad van Bulawayo na Johannesburg in Gauteng.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.