Kaapse studente brand hul kollege voor eksamen

Deel op

Die bestuur van die Kaapstad Kollege in Crawford is besig om die skade na Maandag se gewelddadige protesoptrede deur primêre gesondheidsorgstudente te beraam, het RSG berig.

Hulle het motorbande gebrand en van die geboue aan die brand gesteek.

Hulle beweer dat die kursus wat hulle studeer, nie geakkrediteer is nie en ook nie deur Suid-Afrikaanse Raad van Verpleegsters erken word nie.

Die studente weier ook om aan die eksamen deel te neem.

‘n Lid van die Studenteraad, Khayelethu Kama sê hul klagtes het op dowe ore geval. ‘n Woordvoerder van die instelling, Louis van Niekerk sê hulle voer gesprekke met die studenteliggaam.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.