EU-ambassadeur oefen sy papegaaitaal op Suid-Afrika

Deel op

Die pro-EU Britse Moslem, baronnes Warsi, se klagtes oor “xenofobie en rassisme” in Brittanje het skaars opgeklink of die ambassadeur van die Europese Unie (EU) in Suid-Afrika, Marcus Cornaro, sê Europa gaan gebuk onder ‘n “kommerwekkende styging van rassisme en xenofobie”.

Cornaro het sy eenwêreldpapegaaitaal by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie se Bellville-kampus Maandag geoefen onder die tema: “Globale Uitdagings en vennootskappe”.

Dit maak deel uit van ‘n openbare lesingreeks aangebied deur die Universiteit.

Maandag was glo Wêreldvlugtelingdag en Cornaro sê Suid-Afrika het baie om die EU te leer oor vreedsame naasbestaan en versoening.

Intussen gaan die land gebuk onder voortgesette xenofobiese aanvalle teen buitelanders, meer as dubbel soveel opstande, oproer en geweld as voor 1994, verkiesingsgeweld lê Pretoria lam en meer skole is afgebrand in Limpopo binne ‘n week as ooit gedurende Apartheid.

Die agbare ambassadeur het niks hiervan opgemerk in sy blinde en dowe toespraak nie. Hy het op die bruin massas wat die EU instroom, gekonsentreer, iets waarvan Suid-Afrikaners dadels verstaan.

In Suid-Afrika word vreemdelinge verbrand en op straat doodgesteek. In Europa word migrante verwelkom terwyl hulle wittes aanrand, besteel en verkrag.

“Ek dink een van die belangrikste maniere vir vreedsame naasbestaan ​​is om ‘n onderskeid tussen die vlugtelinge te maak wat beskerming verdien.

“En ek dink Europa soveel as die Suid-Afrikaners is steeds stewig verbind tot die internasionale verpligtinge teenoor enige vlugteling om hul volle beskerming te gee. Die probleem is hoe om migrasie te bestuur en dit is ‘n jammerte dat dit te dikwels gesien word. Ek wil pleit dat ons die bespreking nie verwar met ons migrasiebestuur oor die langer termyn nie, en Suid-Afrika is ‘n interessante vennoot waarmee dit bespreek kan word.”

Cornaro het gesê die verhouding tussen Suid-Afrika en die Europese Unie sal nie beïnvloed word deur die uitslag van Donderdag se referendum oor of Brittanje lidmaatskap van die EU gaan behou of nie.

Cornaro het probeer om sulke vrese te besweer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.