Meer as 20 mense het reeds die week in afsonderlike bomaanvalle in Afganistan omgekom.
Veertien veiligheidskontrakteurs van Nepal is dood toe die minibus waarin hulle gery het, deur ’n selfmoordbomaanvaller in die Afgaanse hoofstad, Kaboel, aangeval is. Hulle is onder die meer as 20 slagoffers van afsonderlike bomaanvalle gister in die land.
Ure ná die aanval in Kaboel het ’n bom, wat in ’n motorfiets versteek was, die lewens van minstens agt burgerlikes geëis en die lewens van 18 mense in ’n volgepakte mark in die noordelike provinsie, Badakhshan, geneem. Provinsiale woordvoerders het gesê die dodetal kan styg.
Die aanvalle is die jongste in ’n vlaag geweldpleging wat die kollig plaas op die uitdagings wat deur die Afgaanse regering in die gesig gestaar word, terwyl hul Westerse ondersteuners voortgaan om troepe aan die land te onttrek.
Kaboel se polisiehoof, Abdul Rahman Rahimi, sê die selfmoordbomaanvaller in Kaboel het naby ’n kompleks gewag waar veiligheidskontrakteurs tuisgaan en toegeslaan toe hul voertuig deur die vroegoggend spitsverkeer beweeg het.
Die Taliban het op Twitter aanspreeklikheid vir die aanval in Kaboel aanvaar. Daar was egter nie dadelik aanduidings wie vir die aanval in Badakshan verantwoordelik was nie.