Bruin baronnes wil in EU bly oor Brexit se ‘rassisme’

Deel op

‘n Indiërvrou, die voormalige voorsitster van die Konserwatiewe Party in Brittanje, het midde-in die Brexit-veldtog skielik omgeswaai en van kamp verander oor “rassisme”.

Sayeeda Warsi het voorheen die veldtog om Brittanje aan die Europese Unie (EU) te onttrek (Brexit)gesteun, maar het skielik van plan verander en steun nou die veldtog om Brittanje in die EU te hou.

Sy beskuldig veldtogvoerders wat voorstanders van Brexit is daarvan dat hulle “haat en xenofobie” aanwakker.

Haar beswaar was egter ontdaan van logika: Warsi het gesê gematigde stemme in die “verlaat”-veldtog word uitgedoof. Dit is nie duidelik waarom dit die Brexit-veldtog wat hoofsaaklik op ‘n ekonomiese argument steun, sou diskediteer nie.

Warsi is een van die mees prominente Moslem-politici in Brittanje. Sy sê haar besluit is beïnvloed deur ’n plakkaat waarin ’n skare migrante deur Europa loop met ’n waarskuwing in hoofletters: “Breekpunt.”

Warsi het in ’n onderhoud aan die BBC gesê “dié soort agteraf xenofobiese, rassistiese veldtog kan op die kort termyn polities nuttig en doeltreffend wees, maar dit hou langtermyngevare in wat skade aan gemeenskappe kan berokken.”

Veldtogvoerders vir die “verlaat”-stem sê hulle was verbaas om van haar besluit te hoor, omdat hulle nie daarvan bewus was dat sy eens ’n ondersteuner was nie.

Britte gaan Donderdag stembus toe om in die referendum oor Brittanje se toekoms, binne of buite die EU, te stem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.