‘Agterdeur’-virus op Praag: opgelos?

Nuwe boodskap: Ons het nou die tema van die blad geherinstalleer, wat lyk asof dit van die “agterdeur” ontslae geraak het. Indien u nog probleme ervaar om ‘n bladsy op ‘n mobiele toestel te open of na ‘n gemorsadvertensie herlei word, laat ons asseblief dadelik weet op Twitter of Facebook of deur ‘n e-pos aan inlig[by]praag.org.

As ‘n voorsorgmaatreël, het ons ook die voorkoms van die blad verander deur ‘n ander, veiliger tema te gebruik.

Aanvanklike boodskap:

Die afgelope paar dae ondervind veral mobiele gebruikers van hierdie webblad, asook praag.org, probleme as gevolg van ‘n “agterdeur”-virus wat deur krakers op ons bediener geïnstalleer is. Gewoonlik word die PRAAG-bladsy herlei na ‘n gemorsadvertensie elders. Ons werk tans daaraan, maar om die kode vir so ‘n “agterdeur” tussen die tienduisende lêers op ons webblad te vind, is nie maklik nie, daarom vra ons u geduld totdat die probleem opgelos is.

Gebruikers vanaf rekenaars, dus nie fone of tablette nie, word blykbaar nie hierdeur geraak nie.

Terwyl ons sekere programme vervang en hernuwe, mag die webblad by tye van voorkoms verander of mag die Disqus-kommentaarstelsel tydelik nie beskikbaar wees nie.

– Die redaksie

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.