Morsi ontsnap doodsvonnis na ISIS-dreigemente

Deel op

Die Turkse ministerie van buitelandse sake het gister skerp gereageer op die lewens­lange vonnis wat die voormalige Egiptiese president, Mohamed Morsi, Saterdag in Kaïro opgelê is.

Ses ander mense, onder wie twee werknemers van Al-Jazeera, wat saam met hom tereg gestaan het, is ter dood veroordeel aangesien hulle na bewering aan spioenasie skuldig is omdat hulle nasionale sekuriteitsdokumente aan dié televisienetwerk in Doha gelek het.

Morsi se bewind is in 2013 deur die weermag omvergewerp en hy is in hegtenis geneem. Die Moslem Broederskapgroep wat hom ondersteun, is terselfdertyd tot ’n terroriste-organisasie verklaar.

“Ons is diep besorg en veroordeel die lewens­lange vonnis wat Egipte se eerste demokratiese verkose president opgelê is. Ons glo hierdie vonnis gaan nie tot vrede en stabiliteit in Egipte bydra nie,” lui ’n verklaring deur dié Turkse ministerie.

Morsi is voorheen tot die dood veroordeel, maar ISIS het gedreig om alle regters in Egipte dood te maak as Morsi die doodsvonnis kry. Hulle het ook intussen verskeie regters vermoor.

Die VSA en die EU het ook destyds die swaar vonnis veroordeel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.