Dubbelmoord in Groot Brak skok gemeenskap

Deel op

Die polisie se forensiese eenheid was Sondag op die toneel in Groot-Brakrivier waar ‘n egpaar Saterdagaand wreed vermoor is.

Die egpaar is is intussen geidentifiseer as Tewie en Eureka Human. Die slagoffers is beide in hulle sestigs.

Die egpaar is in hul woning in Sandhoogtepad aangeval en vermoor.

Groot-Brakrivier se polisie was Sondagaand tot laat op die toneel besig om leidrade bymekaar te maak.

Dit is nog nie duidelik hoe toegang tot die slagoffers se huis gekry is nie omdat al die deure van buite gesluit was.

Volgens polisie is die egpaar wreed vermoor.

Voorlopige ondersoek dui daarop dat die vrou vermoedelik met ‘n skerp voorwerp gesteek is terwyl die man met ‘n swaar voorwerp doodgekap is.

Die ondersoek duur voort. Nog geen verdagtes is in hegtenis geneem nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.