Mini-oorlog in Krugersdorp toe kapers BAT-vragmotor takel

Deel op

‘n Plaaslike winkelsentrum in Monument was Vrydag ‘n mini oorlog-sone ná ‘n skietery uitgebreek het, helder oordag.

‘n Voertuig van British American Tobacco (BAT) vol sigarette is gekaap om 09:50 die oggend op Genl. Pienaarlaan, het die Roodepoort Rekord berig.

Nuusjoernalis Ghia ten Doeschate het onbevestigde verslae van die toneel dat die betrokke kaping by die Noordheuwel Winkelsentrum op Robert Broomrylaan plaasgevind het.

By die die Anthos-sentrum (Monument Checkers) op Voortrekkerweg, het veiligheidsbeamptes klaarblyklik die kapers ingehaal.

Dit is nie duidelik wie eerste begin skiet het nie, maar ‘n Fidelity-ondersteuningsvoertuig was ook betrokke.

Toegang tot beide winkelsentrums is afgesper deur die polisie en die plaaslike GPF.

Kopers en motoriste is Vrydag aangeraai om die gebied te vermy tot verdere kennisgewing.

Ten Doeschate sê sy is bewus van drie arrestasies wat gemaak is. Sy sê een verdagte is ook geskiet maar talle ander het te voet in die gebied weggekom.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.