Annatjie Myburgh se vermeende kaper voor

Die vermeende swart aanvaller wat verbind word met die moord op die sakevrou Annatjie Myburgh, verskyn vandag in die landdroshof op Witrivier in Mpumalanga.

‘n Polisiewoordvoerder sê die verdagte sal aangekla word van kaping en ontvoering.

Haar lyk is in ‘n veld in die Numbi-area, onderweg na die wildtuin se Numbi-hek, gekry.

Verdere klagtes sal waarskynlik bygevoeg word nadat ‘n nadoodse ondersoek op die vermoorde vrou uitgevoer is.

Die ses-en-twintigjarige het vermoedelik nog drie helpers gehad.

Die polisie het die liggaam van die 58-jarige Myburgh Sondagoggend opgespoor na ‘n uitgebreide soektog deur boere en veiligheidsinstansies.

Haar seun Wendell het oor haar dood aan die Laevelder gesê: “Sy was so saggeaarde mens. Ek sal die Here tog wil vra as Hy voor my staan: Hoekom my ma?”

Sy is Woensdag by haar kleinhoewe deur vier swartes gekaap en ontvoer.

Intussen is ‘n tweede verdagte Sondag in verband met Myburgh se ontvoering en dood in hegtenis geneem.

Ondersoekbeamptes en sekuriteitsmanne het nie gerus voordat hulle nié ook dié vermoedelik skuldige aan die pen laat ry het nie.

Hoe hy met die misdaad verbind word, is nog nie duidelik nie.

Hy sal na verwagting saam met ‘n verdagte (26) in die landdroshof op Witrivier verskyn.

Laevelder het betroubaar verneem dat die swart verdagte wat weens haar dood in hegtenis geneem is, beweer sy het ‘n hartaanval gehad.

Haar lyk het ‘n veld gelê. Haar handsak is glo naby haar gekry.

Haar Pajero is in Kabokweni gevind waar dit naby beeskrale versteek was. Die wiele is almal na bewering afgesteel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.