Trump en die binnekring

Die miljardêr eiendomsagent en sakeman Donald Trump het tot dusver goeie oorwinnings behaal. Hy lyk die mees geliefde kandidaat te wees vir die Withuis die komende vier jaar, en sy populariteit word verder versterk deurdat sy teenstaanders bedreig voel deur sy sukses. Inderdaad word daar neerhalend gepraat van die “verouderde wit patriargie”- die nommer een paria van ons tyd – wat hom as president wil hê in ‘n poging om sy kiesers te beswadder.

Hierdie gevoelens van bedreiging word nog verder versterk as ons in ag neem dat George Soros sy geld teen Trump ingesit het en dat dit uitgelek het dat anti-Trump ondersteuners per bus ingery word na politieke byeenkomstes om amok te saai.

Met ander woorde, Trump het heel suksesvol die skyn voor dat hy Amerika terug gaan bring na die manier hoe dit was en wegbeweeg van die skelm planne van die linksgesinde Nuwe Wêreldorde. Sodoende het hy die harte gesteel van menige konserwatiewe simpatisant.

Een van die redes vir sy sukses is omdat Amerika genoeg gehad het van die alewige politiekery van daardie vaste kliek in Washington. Bowendien het hy die beste meriete van die drie belangrikste kandidate, die ander twee synde die psigopaat en leuenaar Hillary Clinton en die boemelaar Bernie Sanders.

Van Bernie Sanders weet ons betreklik min, behalwe dat hy veertig jaar oud was toe hy vir die eerste keer ‘n salaristjek ontvang het. Hy het sy hele jeug opgekruip by ekstreemlinkse en kommunistiese bewegings en het by vriende op die vloer geslaap. Hy is met ander woorde net so ‘n leeglêer en uitsuiger soos sy held Karl Marx.

In Hillary se sondige verlede het ons heelwat meer insae. Haar eerste bekende skandaal is toe sy uit die Watergatekommissie geskors was omdat sy oneties gehandel het deur gegewens weg te steek en op eie inisiatief artikels geskryf het om Nixon se verdediging verder te ondermyn. Later in haar loopbaan as presidentsvrou was haar vertroueling en sakevennoot in die Withuis, Vince Foster, na alle waarskynlikheid vermoor omdat hy te veel geweet het oor haar sogenaamde “Children’s Defense Fund” wat ‘n frontorganisasie was om omkoopgeld wit te was. Foster se privaatspeurder Jerry Parks was ook doodgeskiet toe hy Bill Clinton se seksuele eskapades wou ondersoek.

‘n Mens vergeet ook maklik dat Hillary Clinton ‘n groot voorstander was van die oorlog teen Irak, wat meer as ‘n miljoen Moslems se lewens gekos het. Daarbenewens het sy vanuit haar onbeskermde privaat eposadres die Amerikaanse ambassadeur in Libië – Chris Stevens – se verblyfplek en sekuriteitsituasie bekendgemaak wat later sy lewe gekos het. Agterna het sy die vermetelheid gehad om te beweer dat Stevens self verantwoordelik was vir sy dood.

Om te dink dat president Nixon destyds uit sy amp gesit was omdat hy agtien minute se geluidfragmente uitgewis het, en Hillary sowat dertig duisend onbeskermde eposse uitgewis het maar nog steeds na presidentskap mik, bewys dat die VS in ‘n ernstige morele krisis verkeer.

En dit bring ons by die Donald.

Daar is indikasies dat meneer Trump, ondanks sy openbare beeld, geen buitestaander is nie. Sterker nog, hy is net so deel van die korrupte binnekringe as sy demokratiese teenhangers. Dit is die mening van die vorige senator dr. Cynthia McKinney altans (luister vanaf 7 minute). As invloedryke sakeman het Trump ‘n loopbaan opgebou om aan die deur te klop van vooraanstaande Republiekeine om gunse te vra, en is om daardie rede net so vertroud met Washington se skadunetwerk en agterkamerpolitiek as enige ander kandidaat. Laat staan nog dat sy politieke invloede in die vroeë negentiger jare gehelp het om hom ‘n paar miljard dollar noodgeld te leen toe hy bankrot gespeel het. Volgens McKinney is Trump hoofsaaklik ingesit vir vermaaklikheidsredes, anders sou die presidensiële debat geval het tussen die Republikein Jeb Bush en die Demokraat Hillary Clinton, met min spektakulêre waarde.

hillarytrumpbill

Ander aanwysings oor Trump se kontakte is sy vriendskap met die Clintons, sowel as op die golfbaan as by ander geleenthede. Bill Clinton se vriend, die miljardêr pedofiel Jeffrey Epstein, is eienaar van die “Lolita Express”, ‘n Boeing 727 straler waar Epstein se vriende hulself kan vergryp aan minderjarige kinders op 12 kilometer hoogte.

Bill Clinton het in drie jaar tyd sowat elf vlugte onderneem op die Lolita Express. Die bestemming van die vliegtuig is Epstein se private eiland in die Karibiese gebied, waar nog meer jong kinders klaar staan om die groot menere te verwelkom.

Trump hou die publiek se gemoedere warm omdat hy die taal van die konserwatiewe Amerikaner praat. Die onlangse skietinsident in ‘n gay diskoteek in Orlando het Trump, soos ons kan verwag van ‘n Republikein, gepleit vir meer instroombeheer en minder wapenwette.

Iets waar Trump nie op ingegaan het nie, is die manier waarop omgegaan was met die hantering van hierdie insident. Soos met ander bekende gebeurtenisse die afgelope paar jaar, is daar aanwysings dat hierdie ‘n vals insident was: ‘n Paar uur later kon hulle niemand identifiseer nie, selfs al het die meeste nagklubbesoekers ‘n identiteitsbewys by hulle. ‘n Dag later het hulle nog geen liggaam geberg of afgevoer nie, en daar is videomateriaal wat aanwys dat “gewondes” ná die diskoteek gedra was in plaas van weg daarvan.

Selfs met die Boston maraton bom van 2013 het daar beeldmateriaal verskyn wat ‘n mens laat kopkrap oor die waaragtigheid daarvan. President Obama kon binne 48 uur ‘n charismatiese en weldeurdagte toespraak lewer van ongeveer ‘n driekwart uur in Boston (Dit vat my ongeveer 2-3 uur om ‘n vyf minute rubriek te skryf).

As Trump werklik buite die politieke gekonkel gestaan het, sou hy met sy invloed seker meer eise kon stel vir objektiewe verslaggewing oor hierdie tragiese gebeure.

In die Verenigde State is politieke speletjies aan die orde van die dag. Die stigters van daardie land het die Grondwet juis so opgestel om nie die foute van die ou wêreld te herhaal nie, maar die slu skaduregering het maniere gevind om hierdie te omseil. Die ergste van al is dat hulle dit self ook toegee, maar blykbaar dring dit nie werklik deur tot die publiek nie.

In die VS kan ‘n leier deur die publiek VER-kies word, maar nie GE-kies word nie. Die kiesery is alreeds gedoen agter die publiek se rug om. Interessant genoeg praat hulle ook van die stemburo’s as “the polls”, en soos ons weet is ‘n “poll” ‘n meningsopname. Al wat hierdie “polls” dus doen is om die menings van die Amerikaners te neem om te sien watter een van die voorgestelde leiers die presidentskap moet oorneem. Geen een van hierdie leiers gaan ‘n fundamentele verandering teweegbring nie, want hulle is alreeds deur hulle base (die skaduregering) sorgvuldig uitgekies.

Al hierdie histrioniese geskel en getier teen Trump is uiteindelik bloot ‘n politieke sepie. Net soos bykans alle presidentskandidate teruggegaan het op hul verkiesingsbeloftes toe hulle eenmaal die Ovaalkantoor betree het, kan ons nie verwag dat Trump ‘n wesenlike verskil gaan maak nie.

Bowendien koop Amerikaners nou massaal vuurwapens as protes teen Obama se dreiging om die wapenwette te verstewig. Hulle mag gerus hul wapens aanskaf. Dit is bloot ‘n kwessie van tyd of hierdie wet op die beperking van wapens nog aggressiewer ingevoer gaan word en dan gaan hierdie wapens in elk geval in die hande van die outoriteite beland, soortgelyk op die wyse waarop die publiek se geld altyd by die rykes opeindig na elke ekonomiese krisis.

Dit is dalk pessimsities gestel, maar ‘n mens wonder of die Verenigde State nog gered kan word teen ‘n volslae totalitarisme.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • jan

    Dankie Joseph – soos altyd geweldig insiggewend.
    Die Cox moord is miskien ook jou kommentaar waardig.asseblief – sodra jy kan.

  • Ouman

    Hillary Clinton het baie geraamtes in die kas!
    Haar dogter Chelsea, wat met die Joodse bankier Marc Mezvinsky getroud is, se regte pa is glo Webster Hubbell, ‘n gewese “mayor” van Little Rock.

  • Kalium_Chloraat

    Trump is net soveel deel van die sisteem as Clinton en al die ander hoopvolles. Ek dink hy word as die antitese tot die Clinton tesis voorgestel. Die resultaat is stryd, ek is net nie seker oor die sintese nie.

    • Guest

      For a ‘specialist’ on politcal narrative, this is really not very sophisticated. Mildly put.

      • Kalium_Chloraat

        ???????????????????

        • Guest

          I’d be happy to answer the many questions you seem to have.

          • Kalium_Chloraat

            Yes, thank you. My question: If nothing ever sticks to TEFLON, how do they make TEFLON stick to the pan?

          • Guest

            Did you want to fry a pan?

          • Kalium_Chloraat

            Rephrase that question in the Kgaba dialect of Klingon please.

          • Guest

            What about simple logic: Frying a pan in Teflon could result in the pan sticking to the Teflon, exposing your proposition as false.

  • Rifrug

    ‘Trump en die binnekring” … Jy is heeltemal reg, mnr. Secrève, daar is geen manier wat Trump hierdie tipe aandag sou geniet van die media, as hy nie reeds deel van die binnekringe was nie!

    Soos Kalium_Chloraat hieronder stel “Trump is net soveel deel van die sisteem as Clinton en al die ander hoopvolles.”

    Dankie vir jou skrywe, Joseph!

    • Cousin Vinnie

      Brrttytwharaattahhbvdetg!, nnutreyubxcvbj,jgdfnfuckyoutooo,,njhgdyik!!!!

      • Rifrug

        “Brrttytwharaattahhbvdetg!, nnutreyubxcvbj,jgdfnfuckyoutooo,,njhgdyik!!!!”

        Ek dink ons ‘neef’ Cousin Vinnie ly aan Gilles de la Tourette-sindroom. https://af.wikipedia.org/wiki/Gilles_de_la_Tourette-sindroom

        “Later begin die persoon gewoonlik onwillekeurige geluide maak,
        byvoorbeeld keelskoonmaak, hoes, grom en snuif. Koprolalie (onbeheerste
        gebruik van vuil taal) kom ook voor … {GELUKKIG} is medikasie beskikbaar wat daarvoor kan help. Daar is ook terapieë wat mense help om makliker daarmee saam te leef.”

        Sterkte Vinnie

        … en jan – dankie vir die opmerkies wat jy vir Cousin Vinnie gee … ek kan sien dat jy as mediese deskundige en ‘vredeliewende Christen’ regtig net wil help!

        • jan

          Staak jou persoonlike aanvalle boet
          Almal is gatvol vir jou – jy maak Praag se naam krater.
          Skryf oor die probleem en nie die persoon nie.
          Is jy inklusief of eksklusief of ‘n trollenaar?

    • Johann Schutte

      Nonsens.

      Die probleem met jou argument is dat die konserwatiewe reaksies in Europa dan insgelyks as ‘deel van die plan’ gesien moet word. Jy propageer `n morbiede en fatalistiese toekomsperspektief, in lyn met die EWO ‘dumbing-down’/magteloosheids -agenda.

      Ek verstaan waarom jy jouself bek*k oor oppervlakkige onbenullighede soos spelling.

  • Guest

    Trump, for all who find such things interesting, is a study on how to tap into and wield enormous levels of unconscious power. Like every great politician, Trump has unleashed and is channeling a psychic epidemic. By-passing the conventional Right/Left paradigms, Trump’s candidacy aims straight at the existential dilemma facing Whites today, which is why he’s proving impervious to the otherwise fatal effects of media poisoning.

    By portraying himself as the strong man from above Trump fulfills in the psyches of his followers their need to feel led by a transcendental figure of recognizable potency. Trump appears both still virile and active. To put it plainly, Trump is the Great White Father-figure.

    As for his enemies, I’m sure the more perceptive among them realize what’s happening. They understand that Trump is acting as a conduit for powerful subconscious forces and that they have no counter for it (nor is there any) and, as such, are already planning their escape just like they did right before the fall of the Soviet Union.

    The less gifted, meaning those who lack the acumen to discern between origins and manifestations, think that if they just “will it” hard enough they can make Tump go away as if this were just some Twilight Zone episode.

    This isn’t to say Trump is all-powerful. For he will only prosper so long as he doesn’t get in the way of the psychic forces he’s unleashed. The moment he does, he’s finished. But so long as Trump remains above mundane politics and keeps his focus on implicit existential matters facing the White Race he will succeed.

    He will succeed because the White race _must _ succeed in order for the forces of rational consciousness to overcome those of irrational chaos. In this respect, Trump is the embodiment of the mystery contained in the Thurisaz rune.

    • besoeker

      The Thurisaz rune bodes evil. And if you attribute this rune’s mystical powers to Trump.. wee die aarde. Hierdie rune is direk gekoppel aan die knegte van Saturnus- die Stergod wat God gehaat het. Saturnus aanbidding is springlewendig en gesond.

      • Guest

        Runes are historical fact, they have no mystical powers. They “bode evil” only for morons.

    • jan

      UItstekende kommentaar – ek is nou nie juis ‘n Donderdag Ruine :-)) dekundige nie maar dis ontsaglik waar dat die wêreld psigies ryp is vir reuse hervorming.
      Die atmosfeer is gelaai met bedreiging. .
      Grense sal weer gestel word in die plek van grenslose chaos waar almal wil floreer sonder aanspreeklikheid. Eksklusiwiteit is ons enigste redding.

      Dit beteken gelukkig nie meer outydse tegnologie nie maar hopelik oa kuber koninkryke
      ??
      —————————–
      Ek plak ‘n oulike gelykenis van die dik atmosfeer waarin VS hul bevind.

      Jakkalsjag is soos Politiek
      Ja natuurlik is ons Afrikaners ‘n kleurvolle eksentrieke volk wat selfs mekaar se foute verstaan.
      Die Afrikaner politiek laat my dink aan die staaltjie van die jakkalsjag na die ABO.
      Die Boere was ontwapen en moes die jakkalse met die wreedste honde aanpak
      Baie vroeg het hulle by die vreemde werf aangekom met hul vreemde honde en perde.
      Dadelik was daar groot spanning soos die brakke mekaar besnuif en so stywe been en tanne en borselhare al grommende rondloop en ronddraai om mekaar — al so drup drup en skop skop en pis pis.
      Die Hoof Boer het besluit om op ‘n ou kakebeenwa ‘n gepaste politieke toespraak te hou om die moraal so bietjie op te stoot. Toe stap hy op en af op die ou wa met die tukkende buikplanke terwyl die brakke daaronder mekaar meet meet en al meer tanne wys en knor …
      Op die klimaks ast’ware toe trap hy mis en neuk van die wa af tussen die honde in……
      Hulle vertel dat daai aand 10 uur het hulle die laaste twee brakke uitmekaar gemaak. Geen sprake van jakkals jag nie…..
      ”””””’
      Die volgende geleentheid het een ou sy hondeteef wat op hitte was ook saamgevat en sommer gou gou die jakkalse gekry en woes begin jaag.
      Maar toe merk die ou met die verkyker op dat die jakkals derde lê
      Fokus manne fokus 🙂

  • besoeker

    Dankie, Joseph. Te veel mense, nee, meeste word opgeweep as daar ‘flikkering’ van hoop vir die sterwende wit bevolking is. Trump en alle ‘global leaders’ is deel van dieselfde broederskap en dieselfde ideale. En die ideale spel niks goeds vir ons plebs nie.

    • Rifrug

      Wie is die nors man in die middel nou weer?

      Stem beslis saam met “Trump en alle ‘global leaders’ is deel van dieselfde broederskap en dieselfde ideale.”

      • Cousin Vinnie

        Ape!

        • Rifrug

          Kyk ons na dieselfde berigfoto, Vinnie?

  • Karel Combrinck

    Ek knoop nie graag ‘n twisgeskil aan met ‘n mederubriekskrywer nie, veral nie een vir wie se menings ek normaalweg respek het nie . Nietemin het ek ‘n ernstige probleem met die storie dat mnr Trump bevriend is met ene Jeffrey Epstein, “mlijardêr pedofiel” wat kinders op sy privaatvliegtuig Lolita Express misbruik. Wat is die bedoeling hiermee? ‘n Insinuasie dat mnf Trump aan hierdie smerighede meedoen?
    Ek dink mnr Secrève moet so gou as moontlik ‘n beter gesag opdiep vir innuendos van hierdie aard as Cynthia McKinney voordat beide mnr Secrève en Praag hulle agterente sien. Ek meen ook dat Praag belang het daarby om hom so spoedig moontlik van mnr Secrève se insinuasies te distansiëer, tensy Praag onomstootlier bewys het dat die bewerings waar is. .

    • Rifrug

      Ek knoop nie graag ‘n taalgeskil aan met ‘n medekommentaarskrywer nie,
      veral nie een vir wie se menings ek normaalweg respek het nie .
      Nietemin het ek ‘n ernstige probleem met die woord ‘onomstootlier’.

      Jy gebruik dit in die sin: Ek meen ook dat Praag belang het daarby om hom so spoedig moontlik van
      mnr Secrève se insinuasies te distansiëer, tensy Praag onomstootlier
      bewys het dat die bewerings waar is.

      Leer my asb. meer oor die woord … ek ken dit glad nie.

      • Cousin Vinnie

        Bhhfrrrrrrrgrrrrf9ōòkpop kåkeraSië!!!!!!!

        • Rifrug

          Dankie vir jou insiggewende bydrae, Vinnie

      • Karel Combrinck

        Dankie Rifrug, soos reeds gesê ek steun jou wanneer jy aandring op korrekte taalgebruik. Die woord wat ek wou gebruik is “onomstootlike”. Hoe dit so verkeerd uitkom, weet ek nie. Seker ‘n tikfout.

        • Rifrug

          Alles reg Karel, dankie vir die verduideliking.

    • Joseph
      • Karel Combrinck

        Mnr Secrève, ek staan volkome by my kommentaar hierbo. Nie een van die bronne wat u aanhaal oortuig my werklik nie. U weet so goed soos ek dat die aanloop tot enige demokratiese verkiesing, maar veral ‘n verkiesing in Amerika, gepaard gaan met smeerveldtogte van aller aard. Wat ek in hierdie geval uiters vreemd vind is dat u aan die smeerveldtog teen mnr Trump deelneem. Ek bly daarby dat u insinuasies onverantwoordelik is en so gou Praag hom daarvan distansiëer, hoe beter.

        • Joseph

          Mnr Combrinck,
          Nerens beswadder ek Trump nie. Die reikwydte van my rubriek het puur te make met Trump se vriendekring, en dat hy aan die hand daarvan geen buitebeentjie is nie.
          As u nie die artikels wil glo nie kan u gerus na die foto insette kyk wat ek ingesit het. Op die eerste foto pronk Trump (agter tweede van links) op dieselfde foto met sy “vyand” Rupert Murdoch (regs onder).
          Die ander foto staan hy hand om die blaas met die Clintons.
          Of is u van mening dat Trump hierdie foto’s doelbewus so laat neem het om homself in ‘n slegte lig te stel?

          • jan

            Ek dink ons moet besef dat eksklusiwiteit lewensgevaarlik is en .teenproduktief waarvan die Waco slagting die grusaamste voorbeeld is.
            Inklusiwiteit as operasionele strategie was ook die van Hitler en al die ander suksesvolles.

            Mens kan nie saam rugby speel as jy nie minstens op die veld is nie Nê?

            Ons volkie sal moet ons selfbeskikking uitleef deur deel te neem aan die wedstryd.van die lewe sonder om ons truie om te ruil [ identiteit]
            Weereens grense en wedstryd reels.

            Ek sien die SAUK het nou met Naspers vennote ooreengekom om alle Afrikaanse programme te sensureer. sodat ons nie meer kan deelneem nie.

            Gewetenlose sake besluit van Naspers op die markaandeel te verdeel met SABC

          • Karel Combrinck

            Mnr Secrève,
            U sienswyse dat mnr Trump enge verbintenisse het met die Amerikaanse politieke establishment, mag wel geldig wees. Ek sê, mag wees, want die bron wat u gebruik, nl. Cynthia McKinney lyk vir my na alles behalwe objektief. Cynthia McKinney is naamlik ‘n swart Amerikaanse aktivis wat ses termyne as verteenwoordiger van die Demokratiese Party in die Kongres gedien het. Waarom het u nie hierdie feit genoem nie? Hoofsaak is egter nie mnr Tryump se verbintenisse in die algemeen nie, maar sy vriendskap met die “miljardêr pedofiel” Jeffrey Epstein, wat moes bontstaan, tydens ‘n hofsaak, “om mnr Trump nie in verband te bring met die Lolita Express nie”.
            Ten spyte van u ontkenning lyk dit vir my, en ek is seker vir meeste ander mense ook, baie na ‘n insinuasie van mnr Trump se betrokkenheid by pedofiel aktiwiteite.

          • Joseph

            Mnr Combrinck,
            Ek het ook Bill Clinton genoem dat hy op hierdie vlug was, maar vir een of ander rede gaan u nie daarop in nie. Moet ek konkludeer dat u ‘n Trump aanhanger is en ontevrede is dat ek hom nie blind ophemel nie? Ek vind dit nogal vreemd dat hierdie onderwerp opeens so gevoelig by u is.

            Ek plaas weer hierdie artikel. Lees dit asseblief goed deur, kyk na die skakels.
            https://news.vice.com/article/the-salacious-ammo-even-donald-trump-wont-use-in-a-fight-against-hillary-clinton-bill-clinton

            “Mark Epstein, Jeffrey’s brother, testified in 2009 that Trump flew on Jeffrey’s private jet at least once. Meanwhile, message pads [see below] from Epstein’s Palm Beach mansion that were seized by investigators and obtained by VICE News indicate that Trump called Epstein twice in November of 2004.”

            Miskien is Trump nie skuldig aan pedofilie nie, maar bloot die feit dat hy so naby aan hom is behoort tog ‘n paar wenkbroue te laat lig. Sou u met ‘n miljardêr pedofiel geassosieer wil word, op sy vliegtuig vlieg en hom ‘n “terrific guy” noem?

            Cynthia McKinney se onderhoud was op die Richie Allen Show gevoer. Dit is duidelik dat u Richie Allen nie ken nie, want hy voer slegs onderhoude met mense wie se verhale nie op CNN sal verskyn nie.

          • Karel Combrinck

            Mnr Secrève,
            Daar is nogal ‘n verskil tussen “beswadder” en “blind ophemel”. Dis tog nie of die een of die ander nie. Ek is bevrees dat enigiets wat mnr Epstein of mnr Epstein se broer te sê het, vir my geen geloofwaardigheid het nie. Skynbaar wel vir u.
            Waarom het ek nie ingegaan op bewerings oor mnr Clinton nie? Wel, is daar in die eerste plek enige rede waarom ek sou moes? Vir een ding is mnr Trump ‘n kandidaat vir die komende Amerikaanse presidentsverkiesing en mnr Clinton nie. Dis tog van belang of hoe?
            Maar terwyl u nou van mnr Clinton praat, watter gesag het u eintlik vir die bewering dat mnr Clinton elf vlugte op die Lolita Express onderneem het? Mnr Epstein of mnr Epstein se broer?
            Ek “hemel” mnr Trump nie blind op nie, Maar dit is so dat ek meen mnr Trump verteenwoordig die beste kans dat ‘n meer konserwatiewe klimaat in die nabye toekoms in die wêreld mag heers. Dit verbaas my enigsins dat u ‘n ander siening daarop nahou.

          • Riempies

            Karel Combrinck ek wil graag by jou mening aansluit in die
            sin dat Amerikaners veg oor die algemeen hulle politieke gevegte op vuilsmeer
            van hulle oponente – iets waaraan mnr Trump nie werklik meedoen nie – sy veldtog
            het ook nie aangepas soos die geveg aangaan nie, hy bly konstant by sy
            oortuigings. My enigste beswaar is op
            wat mnr Secreve sê is dat ons nie vir ons eie beswil betrokke moet raak by Ameriaanse
            politieke swartmeerdery nie – wat nie gesê is nie kan n mens nog altyd later sê
            – wat egter klaar gesê kan nie ongedaan gemaak word nie.

            Hilary Clinton se baan rekord vanaf haar toetrede tot die
            politiek is vir my genoeg rede om te hoop dat sy dit nie maak nie – nie net vir
            ons nie maar ook vir die hele wereld.

          • G

            Tensy ons presies weet wat by die vergadering gebeur het, kan ons geen spesifieke afleiding maak nie.

        • jan

          Karel – miskien het jy inligting wat ons nie mag deel nie.

          ek sien in wat jou ontstel en ek is ook geheel daarmee saam dat laster en opswepery en aanhitsing verdagmakery teenoor Trump gevaarlik is. Ons mag dit nooit toelaat nie. Speel die bal en nie die man nie.,Niemand kan ons Regse Chrsten Boere Bittereinders iets daarvan vertel nie.
          Hier op Praag is ek die ou wat die meeste beledig en belaster en bedreig is juis omdat ek soos Trump wreed genadeloos eerlik is – veral teenoor goddelose skrywers is ek as Christen ongenaakbaar maar nie liefdeloos nie.
          So laat alle skrywers hier op Praag asseblief aandag gee aan Karel se grondige beswaar en doen wat hy sê. Dit sal Praag ligjare voorsprong gee soos Trump bewys.
          Die wêreld is gatvol vir die gemors van Tsafendastan en Prattpark.

        • 11petrus2

          Hoe lyk dit of daar n bruin koevertjie aan die orde is. As ek kyk na die koerante hier in Belgie is dit woordeliks Amerikaanse propoganda soos die van Mnr Secreve of is dit alweer n kwessie van die Euro houtperd!

      • G

        Die Daily Mail!? Dis ‘n grap! Hulle probeer maak of Poolse ‘immigrante’ geweld pleeg. http://www.bbc.com/news/uk-england-leeds-36559092

        • Guest

          The Daily Mail is Jewish-owned. It serves Jewish not British interests.

    • Joseph
    • besoeker

      Iemand op ‘n ander webwerf geskryf- en ek dink dit is maklik om te ondersoek. Die punt is, hoge mense is nie hoge mense tensy hulle goed ‘gegroom’ is vir onse wereld heersers nie.

      Donald John Trump is ‘n marionet van die Jesuïete Orde se Superieur
      Generaal (Swart Pous) naamlik Adolfo Nicolás Pachón – Gesetel by Curia
      Generalizia in Borgo Santo Spirito, Vatikaanstad, Rome. Net so is dit
      die geval/le met Marco Rubio, Marco Cruz, Hillary Clinton en Bernie
      Sanders.

      Trump het na sy vyf jaar in ‘n militêre skool twee jaar by die Jesuïete
      se Fordham Universiteit deurgebring. Gaan lees ook oor die Jesuïete se
      Georgetown Universiteit.

      Die wenner van die Amerikaanse presidents-verkiesings-klug, soos nog
      altyd, word deur die Jesuïete Orde se Superieur Generaal bepaal. Maak
      nie saak wie van die bogenoemdes die president word nie … Verwag maar
      net nog van dieselfde. Self Donald John Trump, die ‘troefkaart’ sal
      presies doen soos die Jesuïete Orde bepaal. Almal dieselfde kant van die
      munt.

      Donald Trump krap geen kaarte deurmekaar nie en skud ook nie die boot
      nie. Hy is deel van die proses soos vooraf bepaal. In opinie is Donald
      Trump ‘n Vrymesselaar en hy neem die massas dom mofskape op sleeptou
      soos altyd. Hulle wil nie leer nie en die Swart Pous weet dit, en maak
      wat hy wil.

      Selfs hier in azanië juig die witnerwe oor Trump, net soos hulle oor die
      ander vrymesselaar naamlik Putin juig. Hulle wil nie leer nie … ook nie
      luister nie.

      • G

        Jy begin al hoe meer na ‘n lesbiese trol klink. Ek is nie jou ‘witnerf’ nie poe.pol. Julle dwepers sal beter vaar as julle liewer swartnerwe gaan bekeer. Dis nog net Natpes wat vir jou onder die indruk hou dat julle eiendomsreg op morele hoëgrond het. Ek bedoel, dis hoe onnosel jy is.

        • 11petrus2

          ..ek dink jy’s in die kol,…slette kry nie koud nie, nog minder is hulle skaam vir hul skaamte….!

        • besoeker

          “Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid
          en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende
          taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers,
          twissoekery en algemene “trol”-gedrag.”

          Gewoonlik is dit net trolle wat persoonlik raak. Niks sinvol te se nie.

          • G

            Vir semels nee wat. Jy oorskat jouself heeltemal.

      • Craig

        No single war in world history has ever been won by prayer.

        • jan

          Hallooooo
          al gehoor van die Gelofte en die slag van Bloedrivier?

    • G

      Stem saam.

    • 11petrus2

      Kyk nou net hoe trap ‘stupid Goy’ alweer in n strik van 4 demensionele jodepers gekarfoefelry. In so n katnes van bedrog sal dit net die onnosel platkop gentile wees wat wil he n heilige sakeman moet die boedel gaan beredder. ….It takes a thief to catch a thief….dis die Trump risiko, ….die res is nog eenvoudiger…!

  • Johanw

    Stem saam met Karel se opmerking hieronder. My eerste indruk was ook dat die artikel in die geselskap van sameswering teoretici tuis hoort. Die verwysing na die “pedofiel” vriend van Trump dui op ‘n onsmaaklike insinuasie.

    • G

      Stem saam. Dis ‘n klap in die gesig van miljoene wit Amerikaners wat Trump ondersteun. Epstein word in elk geval met die Clintons verbind. Die anti-Trump gif loop seker dik in Nederland wat ‘n hele vliegtuig vol van hulle eie mense opgeoffer het vir Molog omdat hulle Rusland wil gaan besteel.

  • Rooikop

    Gegee die kommentaar oor die laaste klompie maande is daar baie mense wat van Trump hou. Hy maak geluide waarvan die meer behoudende mense hou – maar kan hy vertrou word? Persoonlik hou ek nie van hom nie – hy het baie bek maar daar is ook realiteite waarmee hy moet rekening hou – nes oualiebummer wat al die troepe sou terugtrek (een van sy verkiesingsbeloftes) en toe op die ou end die magte oorsee moes uitbrei.

    My grootste klagte? Hy is ‘n politikus. Hy sou nie tot op daardie punt gevorder het as dit nie was dat hy met die regte mense maatjies was en/of hande vasgehou het nie. Ek het dit al vantevore op Praag gesê – hy gaan of uitgehaal word as hy regtig staan by wat hy sê of hy gaan ‘n verleier van formaat wees. Watter een sal net die tyd leer.

    Die een groot ding waaroor ek wonder is of hy nie juis voorgestoot word om vir hilarious ‘n makliker lopie na die withuis te verseker nie.

    Die klein stemmetjie in my agterkop sê “wees versigtig vir die man. Ek hoop die klein stemmetjie in my kop is verkeerd.

  • Karel Combrinck
    • Zapata

      Kyk so n bos-moegoe darem ne.

      • ThysH

        Werklik nie iemand aan wie se mening ek enige waarde sal heg nie.

  • ThysH

    ‘n Hoogs-omstrede artikel – met veral die doel daarvan die grootste vraagteken. Watter doel het dit om hierdie kwalik-verskuilde aanval op Trump op ‘n Pro-Afrikaner webblad te plak? Om mee te begin, maak dit nie ‘n jota saak aan die verkiesing in die VSA wat Joseph en andere – en selfs ek – hier stel en verkondig nie.

    Wat egter veral opval is dat Joseph hoegenaamd nie eens probeer om die gevolge van die komende Amerikaanse verkiesing vir SA – en in besonder vir die Afrikaner – te probeer uiteensit nie. Dit wil in hierdie stadium beslis lyk of dit dan Trump vs Hillary gaan wees – tensy die taamlike sterk faksie binne die Republikeinse Party wat nie van T hou nie, daarin slaag om teen alle verwagtinge en gebruike in vir Trump oor ‘n paar weke uit te boender en nugter weet watter slinksregse verkrampte fundamentalis in sy plek te kies. Daar is juis vandag op Fox News interessante berigte oor sterk teenkanting binne die RP teen Trump. Maar miskien kyk Joseph net CNN!

    Om dan my eie vrae te beantwoord: Wat die Afrikaner betref maak dit hoegenaamd nie enige verskil of dit T of H gaan wees nie. Wat SA betref, kan dit egter sekere uitwerkings he^. H gaan beslis Obama se sterk houding teen Poetin voortsit en probeer om BRICS te breek – en SA dus weer holus bolus in die VSA dampkring in te sleep. Maar dit gaan die moontlikheid van ‘n nuwe koue oorlog – en dalk selfs erger – enorm verhoog. En China begin self sterk anti-VSA geluide maak.

    Sou T wen, gaan dit ook vir die Afrikaner niks nuuts meebring nie. Hier loop ‘n ding op die internet wat pro-Afrikaner sieninge aan T toedig. Ek vermoed dit is ‘n stukkie bedrog. Ek het hom nog nie oor ons hoor praat nie – nie eens oor SA nie. Maar ek dink T se bree siening van ‘n verandering van sg Open Trade na Fair Trade, kan nogal nuwe finansiële en ekonomiese strominge in die wereld inbring – wat dalk tog net vir SA se ekonomie iets positief meebring. Moeilik om nou te voorspel presies wat en hoe.

    Maar T se duidelike nugter en openlike houding van gesprek en selfs samewerking met Poetin kan vir die hele wereld groot voordeel inhou – maar ook sekere nadele want sy sterk uitsprake oor nuwe stappe om Amerika se ekonomie om te keer, kan weer kwaai gevolge vir wereldhandel he^.

    T se ewe sterk houding teenoor Moslem-militantes en terreur asook sy sterk anti onwettige immigrasie uit Meksiko gaan beslis heelwat mense in die res van die wereld opnuut na sekere dinge laat kyk – dalk net kan Europa hom begin navolg en so die westerse beskawing van geleidelike maar al hoe sneller Moslem oorname red.

    Om hierdie redes is ek persoonlik ten gunste van T as die volgende president. Hy gaan minstens ‘n “doener” wees. H daarenteen gaan so min as moontlik doen en besluit en feitlik net Obama se beleid van paai en neutraliteit voortsit – behalwe as dit by Poetin kom!

    Maar een ding is duidelik: As die RP nie ten volle vir Trump steun nie, gaan hy dit nie maak nie – maar dan gaan die RP ook gou in twee teenstrydende faksies skeur – en nooit ooit weer aan bewind kom nie – nie in die Withuis nie en binnekort ook nie in die kongres nie.

  • Johanw

    Wat is Praag se siening met verwysing na die kommentare? Waarom die stilswye?

  • Craig

    Troubling proposition by Secreve. Imagine if Trump was killed (like Jo Cox) – the Liberals would be silent and the MSM would probably rejoice!

  • Karel Combrinck

    Mag ek probeer antwoord op Johanw se vraag hier onder, waarom is daar geen standpunt van Praag nie? Sedert hierdie artikel verskyn het, het ek al mnr Secrève se artikels op Praag gaan nalees. Hulle getuig deurgaans van onmiskenbare insig asook van konsekwente standpunte oor talle sake wat vir ons van belang is. Daarom gee ek volle krediet aan mnr Secrève vir sy uiters waardevolle bydrae tot ons gesprek. Uiteraard is dit hierdie oorwegings wat maak dat Praag nie sin het om swaarde met mnr Secrève te kruis nie en ons verstaan dit heeltemal. Nietemin bly dit ‘n feit dat mnr Secrève hier ‘n oordeelsfout begaan het met sy smeerinsinuasies omtrent mnr Trump. Dit gebeur met ons almal die een of ander tyd, maar ek meen mnr Secrève sal hom ‘n guns bewys en ook Praag van die haak af haal deur ruiterlik te erken dat hy hier die pot misgesit het. Ons sal hom daarvoor net meer respekteer en nie minder nie.

    • Joseph

      Geagte menere,

      Ek is nog steeds verbaas dat hierdie onderwerp soveel verontwaardiging uitlok, maar net gou die volgende. Hopelik is hierdie saak na dese opgeklaar:

      Ten eerste, al wat die swart aktivis Cynthia McKinney kwytgeraak het wat van belang is, is dat Trump geen buitestaander is nie. Die res het ek alles self ontdek en ander bronne daarvoor gebruik.
      As ek ‘n Amerikaner was, sou ek beslis op hom gestem het. Die ander twee registreer nie eens op my radar nie. Ek hoop van harte dat Trump werklik is wat hy sê dat hy is. In daardie opsig is ek heeltemaal aan u kant.

      Ek weet egter dat iemand in sy posisie, met al sy invloedryke kennisse en netwerke nie sommer die hele “Ship of State” in ‘n ander rigting sal of kan stuur nie. JFK het dit geprobeer en ons weet wat met hom geword het. Nixon het ook geweier om ‘n wetgewing te bekragtig wat die makliker sou maak vir Amerikaanse bedrywe om oorsee te investeer (met verlies aan Amerikaanse middelklaswerke), en die aangedikte Watergate skandaal het hom sy kop gekos. Trump weet drommels goed dat as hy homself van sy netwerk sou vervreem gaan dieselfde met hom gebeur.

      Ek het al genoeg bronne aangehaal oor sy en Clinton se verbintenis met Epstein. Een daarvan (sien onder in die vorige reaksie) het sy broer voor die regter gesê (ge-“testify”) dat Trump ten minste een keer op daardie gewraakte vlug was. Dit was al in 2009, en eerder in 2004 het sy naam opgeduik in Epstein se Swartboek na ‘n geregtelike huissoeking. Dit staan alles daarin, inklusief fotokopieë. As u hierdie bronne ongeloofwaardig vind, is daar niks wat ek daaraan kan doen nie. Ek is net die boodskapper.

      Hierdie materiaal sou my net so verbaas het ‘n paar jaar gelede. Egter, nadat ek Cathy O’Brien se Trance Formation of America gelees het, asook Brice Taylor se Thanks for the Memories, het dit my ook genoop om my eie internetnavorsing te doen, en daar blyk inderdaad vieslikheid in die hoogste kringe te wees, en dit gaan al honderde jare so aan. Kyk byvoorbeeld ook na die getuienis van Paul Bonacci op youtube en die nuusartikels daaromheen. Die filmregisseur Stanley Kubrick het dit ook in sy laaste film (Eyes Wide Shut) gewaag om hierdie gemors uit te lek, en kort daarna het hy dood opgeëindig.

      So weet ons almal dat daar ‘n baie groot en uitgebreide pedofilienetwerk aktief is in die wêreld, en dit eindig allang nie net by Jimmy Saville nie. Die BBC, Disneyland, die Vatikaan, en Washington self het al eerder deurgeloop (ooit van die Franklin Cover up gehoor?)

      http://www.whatreallyhappened.com/WRHARTICLES/Franklin/FranklinCoverup/franklin.htm

      Om maar te swyg oor Bohemian Grove, die berugte somerkamp van die Republikeinse Party:

      https://www.youtube.com/watch?v=u8y-FPQlNfI

      In daardie opsig het Trump nog ligtelik afgekom vergeleke met die vuigheid wat werklik agter die skerms afspeel.

      Van al die rubrieke wat ek al geskryf het, het ek seker die meeste bronne by hierdie een vermeld, maar kry ek desondanks die meeste kritiek, so asof ek myself nou ekstra hard moet verduidelik of om verskoning sê omdat ek iets ontdek het wat al lankal bekend is vir die mense wat die moeite doen om hierdie materiaal op te duik.

      Ek verstaan dus nie in watter opsig ek die pot misgesit het nie. As ek op omstrede nuusartikels afkom wat ek dink die moeite werd is om van kennis te neem, dan vermeld ek dit, anders kan ek net sowel by Naspers gaan sit.

      Buitendien, niks wat ek hier skryf gaan ‘n enkele invloed op die Amerikaanse verkiesing hê nie. Onthou nog so tien of twaalf jaar gelede het president Bush en Colin Powell Suid-Afrika besoek. Praag het nog ‘n brief aan hierdie menere gerig waarin hulle die penarie van die Afrikaner verduidelik het, volledig met grafieke en al. Van die Christelike Suidelike Amerikaanse president het ons niks meer verneem nie. Wat is die kans dat Trump wel gaan help? Uiteraard hoop ek dat hy iets sal doen, maar gegewe sy vriendekring het ek egter my twyfels. Onthou, in die wêreld van politiek bestaan daar nie soiets soos goeie wil nie, slegs klassebelange. Hoe die rykes dink, moet die res van die wêreld ook dink.

      Ek hoop hiermee dat ek u van genoeg inligting verskaf het. Egter, totdat ek ander informasie kry wat meer oortuigend is, kan ek myself nie distansieer van my rubriek nie. Dit sou onopreg wees en ek sou dan dieselfde kategorie beland as die geïntimideerde en omgekoopte hoofstroommedia joernaliste.

      Groetnis,

      • besoeker

        Daar is ten spyte van so baie inligting wat nou beskikbaar is nog steeds die wat weier om te glo dat dit wat ons sien, is wat ons moet sien. Die realiteit, soos bewys deur die geskiedenis, is ver van dit wat opgedis word. Selektiewe inligting word gegee aan jan alleman, net genoeg om ‘n vrede te bewaar van, ag dis nie so sleg nie, en meer as genoeg om die wat wakker is te laat skryf en praat. Dan tree die media en infiltreeders in om die ‘controlled opposition’ in beheer te hou.

        Wat is makliker om te glo; dat staatsmanne, wereldleiers en maatskappyhoofde bymekaar kom om ‘n lekker naweek saam deur te bring in ‘n bos, of dat hulle in aanbidding staan voor ‘n reuse uilagtige beeld?

        Dan is daar altyd die speletjie; tese, anti-tese en sintese. Obama is die tese- verwoes alles, Trump is die anti-tese- wilder as die wildtuin teen die verwoesting, en so wag ek in spanning vir die sintese. Maar niks, niks sal die ‘plan’ omverwerp nie. En die ‘plan’ beteken vir ons gewone, arm staatsslawe niks goeds nie.

  • jan

    Dis ‘n waardevolle warm bespreking oor iets wat op PRAAG en Naspes endemies is.

    Dis ons verstek kultuur om leierskap af te kraak Na Verwoerd se terregstelling is dit ons Tsafendapsigose. [Soos brakke wat altyd teen hogere bome pis.] = ‘n Hotnosmentaliteit.

    Trump is daar vêr maar Koos Stadler die gebroke Reccie is een van ons. eie kinders Hy het sy lewe letterlik op die spel geplaas en gewy aan sy Volk.

    Goddelose Teokraters Vrydenkers en Ogotters met hierdie hotnosmentaliteit is gedurig besig om ons hele Christelike beskawings kultuur te stroop en met suiwer Satanisme te vervang vir 50 jaar al.

    Sonder liefde is alle ‘feite ‘ suiwer Satanisme.

    Dink hieroor en leer daaruit en word wys.

  • Karel Combrinck

    Mnr Secrève het die bespreking min of meer geslote verklaar. Dis in orde so, hy hoef dus nie verder op my kommentare te antwoord nie. Hy kan my egter nie verhoed om wel kommentare te hê nie wat ek hier uiter aangesien daar myns insiens belangrike beginselsake ter sprake is.:

    Mnr Secrève beweer dat sy oogmerk met die artikel was om aan te toon dat mnr Trump deel uitmaak van die binnekring van die Amerikaanse politieke establishment. As bron haal hy aan ‘n swart politeke aktivis en ses termyn Demokratiese vereenwoordiger in die Amerikaanse Kongres, Cynthia McKinney. Die ander bronne wat hy aanvoer, is die uiters twyfelagtige en onbetroubare broers Epstein. Mnr Secrève herhaal jou gedoriewaar die “testimony” van die broer van Jeffrey Epstein dat mnr Trump minstens een vlug op die Lolita Express meegemaak het. As mnr Secrève die broer van mnr Jeffrey Epstein as ‘n betroubare bron beskou, dan kan ons gerus weer ‘n keer na al mnr Secrève se bronne kyk.

    Dit is vanselfsprekend dat mnr Trump as vooraanstaande Amerikaanse politieke figuur ( kandidaat vir die presidentsverkiesing) kontak met die binnekringe van die Amerikaanse politiek sou hê. Dit beteken egter nie dat hy intieme deel van die binnekringe uitmaak nie. Inderwaarheid is dit die algemene indruk dat die binnekringe van die Amerikaanse politieke establishment hulle neus optrek vir mnr Trump. Soos mnr Secrève se artikel inderdaad daarop wys, word mnr Trump selfs deur die binnekringe van sy eie party verwerp tot die mate dat dit hom die verkiesing kan kos.

    Mnr Trump is dus nie deel van die Amerikaanse politieke establishment nie al sê mnr Secrève en sy bron Me. McKinney ook wat. Die bewering dat mnr Trump die een of ander kontak met die “miljardêr pedofiel” Jeffrey Espstein sou hê, is tog alles behalwe ‘n aanduiding dat hy tot die binnekringe van die politieke establishlent behoort. Behoort mnr Epstein hoegenaamd self tot die binnekring van die Amerikaanse politieke establishment? Dat ‘n president of voormalige president kinders op mnr Eptstein se vliegtuig seksueel sou misbruik het, maak nog nie van mnr Epstein deel van die binnekring van die Amerikaanse poltieke establishment nie.

    Die feit dat mnr Secrève wil probeer voorgee dat mnr Epstein tot die binnekringe behoort en mnr Trump deur assosiasie dus ook, getuig van ‘n onbegryplikie kwaadwilligheid aan die kant van mnr Secrève.

    Mnr Secrève beweer dat sy stellings geen verskil aan die Amerikaanse verkiesing sal maak nie en dit is seker so. Nietemin skryf mnr Secrève tog sy kommentare ten einde iewers ‘n aanklank te vind of ‘n verskil te maak. Waarom sou hy dan anders skryf?

    Ten slotte bly dit ‘n skokkende feit dat mnr Secrève vir mnr Trump met pedofilie verbind het. Ek gaan tog nie tot vervelenstoe uit sy artikel aanhaal om dit bewys nie. Bontspringery kan in hierdie stadium daaromtrent weinig verskil meer maak. Die enigste eerbare ding om te doen is vir mnr Secrève om hom van sy eie artikel te distansiëer; Dit wil hy n skynbaar nie doen nie.

  • jan

    Dis ‘n ou ou Psy-ops kultuur van ons moedertaal Tsafendaspers en Prattpers.en Thyskor.

    Hoedat in die parlement van Vorster tydens helse gekonkel iemand opgestaan het en verklaar : ” …maar kyk net wat pleeg die DOKTERS….” tipies sielkundige oorlog want. daarna praat almal net van die f- dokters – die sorg gewers.
    Onthou hoedat die Huisgenoot destyds met die NP se verraad die aandag afgetrek het met ‘…
    .” kyk net wat pleeg die DOKTERS alweer ” en die Dominees en die ‘Kerk’ en Steve en enige Afrikaanse volksheld.
    Perskor se grootheidswaan psigose vat sommer die Bybel en God en godsdiens en die Goddom Christene aan ek meen die manne se uitmuntendheid gaan vir die heel boonste rakke..

    Ek meen dis vir hulle ego ambisie en selfbeeld sooo belangrik om die heel hoogste bome te bepiepie maar as die leeus verskyn dan hol Waaksaam-hulle weg en kruip onder die katels van die Christene weg waar hulle grom en stink poep en hulle eie knaters gedurig lek. [selfbeeld]

    Afrikaanse Multi-media kleingeestige hotnosmentaliteit in die moedertaal tot die uiterste toe is die kultuur wat asseblief gestroop moet word ter wille van ons oorlewing. want suiwer Satanisme se kenmerk is om genadeloos REG te wees sonder liefde [Sagaria 3 ]
    Laat ons waak om nie onsself skuldig te maak aan hierdie super kommen plakkerskamp kakkerigheid nie.

    Daarom is dit soooooo wonderlik om VIA oa op TV te geniet wat probeer ontsnap uit die kulturele dryfsand van ons Volkie

    Maar veral RT is die voorbeeld inspirasie wat mens se verbeelding aangryp – hoedat die Russe ontsnap uit die 80-jarige helse gemorskultuur met behulp van skoonheid tegnologie en humor. en Christenskap.