Leon Lemmer: Die euwel van inklusiwiteit

In die aanloop tot “ons jong demokrasie”, asook sedertdien, word idees/begrippe in terminologie uitgedruk wat die hele tyd aan ons opgedring word. Aan die een kant word daar verwys na “diversiteit” en “multikulturaliteit”, soos gesimboliseer in die reënboog, wat uit duidelik onderskeibare kleure bestaan. Hieruit blyk dat daar die gesonde besef is dat mense ooglopend verskil; dat almal nie eenders is nie; dat hierdie verskille meer as net velkleur kan behels en ook op bv kulturele en ontwikkelings-/beskawingsverskille kan dui.

Aan die ander kant word terme soos “gelykheid” en “inklusiwiteit” selfs meer kwistig gebruik. As almal (in alle opsigte) gelyk verklaar is en as sodanig geag word, mag daar mos nie geldige besware wees teen die opname van sulke eenderse mense in enige groep nie. Eintlik word wesenlike groeponderskeide ontken. In hierdie proses word die werklikheid (of selfs die moontlikheid) van bv elitisme of meerderwaardigheid, dus dat sommige indiwidue of groepe (in sommige opsigte) beter as ander kan wees, ontken.

Maar gestel sommige indiwidue of groepe is wel beter, bv meer ontwikkeld of intelligent (of wat ook al), as ander. Dan word die minder goeies deur gelykverklaring en inklusiwiteit bevoordeel, want hulle word hoër geag as wat hulle verdien. Die beter indiwidue of groepe word deur sodanige samegooiing benadeel, want hulle word afgetrek na ‘n laer vlak. Dit is heel moontlik dat dit juis die minder verdienstelikes is wat ingevolge eiebelang gelykheid en inklusiwiteit propageer. In die praktyk kan dit tot bv algemene stemreg en rasse-integrasie lei.

Dit word reeds lank algemeen aanvaar dat almal gelyk voor die wet moet wees, dus dat vir dieselfde oortreding dieselfde straf aan almal uitgedeel moet word. Dit is egter te betwyfel of daar selfs in hierdie opsig in die praktyk werklike gelykheid bestaan. Welvarendes kan bv beter regshulp as armes bekom, geletterdes kan hofprosedure beter as ongeletterdes verstaan en benut, ens. Die probleem is dat gelykheid voor die wet as vertrekpunt gedien het om almal ook in ander opsigte (en verkieslik in alle opsigte wat saak maak, dus nie net in sekere biologiese* opsigte nie) gelyk te verklaar, sodat gelykverklaring grootliks wesenlike eendersverklaring word. [* ‘n Gewilde argument vir eendersverklaring is dat alle mense se bloed rooi is.]

In wesenlike eendersverklaring het fundamentalistiese religie ‘n groot rol gespeel, veral in die Weste. Dit is by uitstek in die Weste waar die euwel van inklusiwiteit ten minste teoreties groot aanhang geniet, bv by liberaliste. As alle mense hulle voorgeslag na dieselfde mense (bv Adam en Eva) kan terugspeur en daardie mensepaar deur God geskep is, is almal in hierdie baie wesenlike historiese opsig gelyk. Dit word ondersteun met die leerstelling dat alle mense na die beeld van God geskape is. Verder, sodra iemand hom/haar tot daardie geloof bekeer, word hy/sy ‘n broer/suster in daardie geloof. Almal wat daardie geloof aanhang, word as gelyk of eenders geag in die belangrikste opsig wat uit die religieuse oogpunt saak maak. Al sou daardie gelowiges op aarde nie gelyk of eenders behandel word nie, word geglo dat hierdie salige toestand wel vir (eens) dooies in die hemel bestaan. (Hierdie onbehaaglike voorstelling kan beredder word deur te redeneer dat die aardse lewe of hiermaals, anders as dié in die hemel of hiernamaals, onvolmaak is en dat wesenlike ondermaanse verskille tussen mense ‘n onontwykbare werklikheid is.)

By die religieuse onderskrywing van gelykheid of wesenlike eendersheid word die Afrika-benadering gevoeg waarvolgens alle swartes vanweë hulle etnisiteit as (verdrukte) broers en susters gereken word. Dat hierdie klem op etnisiteit op rassisme dui, word meesal ontken. Dit is maklik te begrype waarom twee groepe “verdruktes” of “benadeeldes”, naamlik swartes (in die vorm van swart mag) en vroue (in feminisme), kragte saamgesnoer het. Dit blyk duidelik in veral Amerika.* Gelyk- of wesenlike eendersverklaring word dus nie tot die wet en religie beperk nie, maar word ook na ander gebiede (bv etnisiteit en geslag) uitgebrei; ook na die politiek, waar die (potensieel) destruktiefste gevolg een mens, een stem is, veral in hoogs heterogene/ongelyksoortige bevolkings, soos in Suid-Afrika. In so ‘n gelykverklaring word diegene wat ‘n bate vir die samelewing is benadeel en diegene wat ‘n las is bevoordeel. Dit dui op onregpleging, maar daardie opset word in die hedendaagse mode-idioom as geregtigheid geëtiketteer. [* Ek het dit nie teen gematigde, rasionele feminisme nie. In Amerika het ek eerstehands waargeneem hoe destruktief militante feminisme kan wees, bv toe alle moeders in ‘n landswye veldtog opgesweep is om op ‘n bepaalde dag te weier om hulle kinders te versorg en op te pas en die kinders saam met hulle vaders werk toe te stuur. Vandaar die stelling: “Feminism separates women from the family” (James Kalb, bron hier onder, Kindle 1902). ‘n Militante feminis soos Amanda Gouws is myns insiens ‘n jukskeibreker.]

Polities korrek word een etniese groep of geslag (manlik/vroulik) deesdae net so geskik of goed soos ‘n ander vir die uitvoering van ‘n taak of die vervulling van ‘n rol beskou. Die verskille tussen ‘n man en ‘n vrou word afgeskaal of selfs ontken; soms in so ‘n mate dat net transseksualiteit gunstig voorgestel word. Wanneer geslagsverskille wél in ‘n mate erken word, word ruimte vir ‘n neologistiese derde geslag, daardie transseksueles, gemaak, waarmee dikwels geïmpliseer word dat hulle moreel en/of op die simpatieskaal eintlik die eerste plek moet beklee. “Normal has been abolished. Pretense and moral posturing become the norm” (Kalb 1546). Die jongste is dat letterlik enige twee mense in die “huwelik” kan tree. Ras- en geslagsverskille word gerieflikheidshalwe geïgnoreer, op die gevaar af dat die gevolge tragies kan wees. Desnieteenstaande is dit polities korrek om die bewese of moontlike wankelrigheid van sulke verhoudings te ontken of ten minste te verswyg.

Dat eendersverklaring ‘n dwaalspoor is, word deur twee konkrete feite gestaaf. Eerstens kan ‘n huwelik tussen twee mense van dieselfde geslag nie biologies ‘n nageslag oplewer nie. Die voortbestaan van die mensdom word dus met hierdie soort “huwelike” in die gevaar gestel as hulle grootskaalse afmetings sou aanneem. Tweedens is die harde werklikheid dat net sommige mense (naamlik vroue) van nature bevoordeel of benadeel (of gemarginaliseer) is met die vermoë om geboorte te skenk. Van eendersverklaring kan daar in die genoemde twee opsigte nie sinvol sprake wees nie. Albei dien as bevestiging dat daar in die natuur/werklikheid wesenlike verskille by mense aangetref word; ook biologies.

In die praktyk blyk dit baie duidelik dat gelykheid/eendersheid dikwels ontbreek. Uitgaande van die standpunt dat ongelykheid ongewens is, dat die samelewing verander/getransformeer moet word, word na ‘n sondebok gesoek en dit word veral by die blanke man gevind. Daar word gevolglik teen hom gediskrimineer sodat (en ten minste totdat) die res kan bykom. Die resultaat kan wees dat almal kwalitatief afgedruk pleks van opgehef word. Die motivering vir verbetering word gesmoor. Die aanspraak op gelyke regte moet myns insiens met die aanvaarding van gelyke verantwoordelikhede gebalanseer word. Kalb (2106) verwys spesifiek na “equal rights and equal responsibilities.” [Viktor Frankl (1905-1997) beveel in sy boek, Waarom lewe ek? (1975)/Man’s search for meaning (oorspronklike Duits 1946), aan dat die Vryheidstandbeeld aan die Ooskus van Amerika met ‘n Verantwoordelikheidstandbeeld aan die Weskus gebalanseer moet word.]

Diegene wat nie op standaard is nie, die massa plebs, hoef deesdae nie te verbeter nie, want hulle word amptelik ten minste potensieel goed genoeg verklaar. In soverre hulle tekort skiet, word dit nie aan hulle eie onvermoë toegeskryf nie, maar aan benadeling deur veral blanke mans. Omdat blankes, en veral die mans, deesdae die slagoffers van rassediskriminasie is, word hulle inisiatief, vindingrykheid, toewyding, ens, aan bande gelê. Dit is ‘n verloor-verloor-situasie waarin die nie-verdienstelikes oënskynlik ten koste van die verdienstelikes baat, maar in werklikheid boer almal agteruit.

In die akademie het ek dikwels die volgende waargeneem. Diegene wat die hardste skree vir transformasie, dus vir diskriminasie teen blankes en veral mans, is daardie elemente (nie-wittes en vroue) wat nie sonder bevoordeling op gelyke voet met blankes en veral mans kan meeding nie. In hierdie proses word alle nie-wittes en vroue gediskrediteer, want daar is geen (maklike) manier om te bepaal wie na verdienste aangestel en bevorder is en wie kwota- of demografie-bevoordeeldes is nie. Dieselfde onverkwiklike situasie doen hom by raskwotas en -teikens in bv sport voor. Die 80-9-9-2-formule (80% swart, 9% blank, 9% bruin en 2% Asiaat) is ‘n kwantiteit gebaseerde, kwaliteit ignorerende onding.

In hierdie skrywe val die klem op die euwel van inklusiwiteit in die sin van die ontkenning van verskille. Die res van hierdie teks het ek geskryf na aanleiding van James Kalb se boek, Against inclusiveness: How the diversity regime is flattening America and the West and what to do about it (Tacoma: Angelico Press, 2013, 218p; Amazon Kindle $7,40). Inklusiwiteit word gedefinieer as “the insistent abolition of distinctions” (Kindle 962). Die kern van Kalb se standpunt is dat inklusiwiteit destruktief en eksklusiwiteit goed/voordelig kan wees. Hy is ook die outeur van ‘n ander verdienstelike boek, wat uitbrei op hierdie onderwerp, The tyranny of liberalism: Understanding and overcoming administered freedom, inquisitorial tolerance, and equality by command (Wilmington, Delaware: Intercollegiate Studies Institute, 2014, 226p; Amazon Kindle $11,39).

[In sy uitstekende boek, The minority rights revolution (Cambridge: Harvard University Press, 2002, 496p; Amazon Kindle $19,31), skryf John D Skrentny dat regstellende aksie die belangrikste beleid in die minderheidsregte-revolusie is. Daarmee “America formally moved away from ‘difference-blind’, classically liberal policy toward an approach that specifically divided America into the majority and the minorities, the privileged and the oppressed” (Kindle 1310). In Amerika word verskille dus ter bevoordeling van minderhede erken. In Suid-Afrika word die toepassing van regstellende aksie omgekeer sodat die swart meerderheid bevoordeel word. Die (gedwonge) opname van minderhede binne hierdie verswelgende meerderheid, maar sonder dat die blanke minderheid enigsins in daardie meerderheid se bevoordeling deel, staan in die nuwe Suid-Afrika as inklusiwiteit bekend.]

Ek bepaal my aandag van hier af by Kalb se 2013-boek. As ‘n indiwidu kan ek probeer om openbare uitsprake oor bv seks, religie en etnisiteit te vermy, maar die samelewing in die algemeen moet in die praktyk hieroor standpunt inneem. Dus, omdat die samelewing is, moet hy op ‘n bepaalde manier wees; ‘n bepaalde aard hê. “Sex, religion, ethnicity, and similar characteristics … determine personal identity” (1165). Tans is inklusiwiteit dikwels die wagwoord. Almal word saamgegooi en daar word dan gepoog om hulle eenders te maal. Diversiteit en multikulturaliteit word dus in inklusiwiteit opgehef. Na analogie van ‘n masjien word die samelewing beskou as ‘n geheel saamgestel uit uitruilbare eenderse dele. In hierdie idealistiese beeld word daar nie (genoeg) ruimte gelaat vir bv onderskeide, hiërargie en indiwidualiteit nie. Die werklikheid word nie in ag geneem nie, want dit gaan juis om die wêreld na ‘n idealistiese/utopiese beeld te hervorm. “Every soccer mom, drag queen, black Muslim, Christian fundamentalist, and Hmomg* immigrant has to be retooled to fit in equally well everywhere. This being the goal, inclusiveness reduces ethnic culture to ethnic-themed fast food, religion to self-indulgent reverie or a poeticized version of liberalism, and marriage to a sentimental recognition of almost any human connection with sexual overtones” (1205). [* Mense afkomstig uit suidoos-Asië, bv Thailand, Viëtnam en Laos.]

“Inclusiveness expresses a demand for equal treatment. Liberals believe that benefits of society should be equally available to all … they consider it a basic responsibility of government and indeed everyone to make them so” (123). Dit is waarom daar plaaslik geredeneer word dat almal op bv huise en dienste geregtig is, sonder dat in die geval van “benadeeldes” op enige teenprestasie aangedring word. Daar is ook die dogma van gelyke geleenthede; dat nie-presteerders se onvermoë aan ander mense, wat hulle benadeel/veronreg en gemarginaliseer het, toegedig moet word. Skuld (finansieel en moreel) word daarvolgens net by welvarende en suksesvolle mense aangetref. Daarom mag minderheidsgroepe, soos die Jode in Amerika en die blankes in Suid-Afrika, nie op bevoordeling ingevolge hulle minderheidstatus aanspraak maak nie. Maar swartes, as die verswelgende meerderheid in Suid-Afrika, maak op dieselfde bevoorregting (en meer) as die Amerikaanse swartes (‘n minderheidsgroep in dieselfde getalsorde as Suid-Afrika se blankes) aanspraak. Dít terwyl die Suid-Afrikaanse swartes, anders as dié in Amerika, nooit verslaaf was nie. Die inklusiwiteitsideaal is vir ‘n samelewing wat soos ‘n groot familie (daarom broers en susters) sonder buitestanders en grense (vandaar die vooropstelling van Afrikane en Afrika pleks van Suid-Afrikaners en Suid-Afrika) funksioneer; waar almal ewe begaaf is; waar daar geen onderskeid tussen “ons” en “hulle” is nie.

Dit is ‘n droombeeld wat berus op “suppressing the effects of distinctions that have traditionally ordered social life” (155). Kalb noem die volgende verskille: “sex, culture, family, ethnicity, religion, and tradition” (158). Later voeg hy nasionaliteit by (161). Pleks van die egtheid van hierdie verskille te erken, word pogings deur bv liberaliste aangewend om hulle te ontken. “To this end grammar must be neutered, cultural boundaries abolished, family redefined to cover every possible living arrangement, ethnic festivals turned into festivals of inclusion, and traditional institutions diversified to the point of losing all definition” (158). Dit verduidelik waarom Desmond Tutu in sy arrogante alwetendheid die hemel aan alle godsdienstiges oopgestel het en die Universiteit Stellenbosch (US) inklusiwiteit propageer. ‘n Diversiteitsweek is deur Russel Botman op die US-kampus gehou met die oog op die oorbrugging of ontkenning van verskille. Inklusiwiteit is nagestreef deur die deelnemers met kalk in reënboogkleure (enige kleur behalwe wit) te bemors (Praag 29.09.2013). “The demand that every institution become equally welcoming to every group and recruit preferentially from those that are underrepresented severely compromises institutional identity and independence” (1251). Byvoorbeeld, die Afrikaanse Taalraad is in so ‘n mate met inklusiwiteit behep dat (al) sy handelinge dermate gekompromiteerd is dat hy nie Afrikaans (bv taalsuiwerheid) na behore kan bevorder nie. “Inclusiveness damages institutional effectiveness … by suppressing standards of competence and concern for achievement. Another is by forbidding treatment of any particular culture as authoritative” (1258). Dit is waarom akademiese standaarde so skerp aan bv die Universiteit Stellenbosch (US) gedaal het en waarom ‘n Afrikaanse en veral Afrikaner-US deesdae as uit die bose voorgestel word.

Kalb klink verbitterd of ten minste verontwaardig wanneer hy skryf: “The American people must abolish itself as a people or complex of peoples defined by anything but inclusion, so that the goal of our national existence becomes self-transcendence through self-abolition. Mass third-world immigration becomes an almost metaphysical necessity, since without it traces of ethnic nationality would remain. Affirmative action must then be applied to force the resulting diversity into every nook and cranny of our national life. Anything less would be racist” (161).

In hierdie utopie “central and marginal have changed places: Islam has become a religion of peace, homosexual couples stable and loving, blacks wise and spiritual, immigrants the true Americans. In contrast, Christianity is presented as a religion of war and aggression, Middle Americans as violent and irrational, Republicans as the Taliban, and traditional marriage as hateful, oppressive, divisive, and pathological. When women and minorities [ie American blacks] do well, they deserve the credit, when they do badly, white men deserve the blame. Any flaws in the groups promoted from the margin to the center are whitewashed, the more glaring the flaws the thicker the coating. Aids* has sanctified homosexuality, Muslim terrorism has made Islamophobia a horrendous sin, and black dysfunction has led to insistence on the hipness and nobility of blacks, the stupidity and tackiness of ordinary whites, and the sterility and oppressiveness of white society” (174). [* Op die US-webwerf word alles moontlik gedoen om die universiteit so swart moontlik voor te stel. Toe ‘n berig oor MIV onlangs gepubliseer is, is dit egter met die foto van ‘n blanke vrou geïllustreer.]

“The point of celebrating Islam, homosexuality, or the public achievements of women is not to bring out the specific value of those things – the less valuable they are in themselves, the better do they serve to undermine traditional hierarchies – but to provide a means of destroying the legitimate relevance of Christianity, the natural family, and masculine leadership to the social order by insisting on the superiority of their opposites” (183).

In die liberalisme van sommige plaaslike ideoloë, soos Anton van Niekerk en Willie Esterhuyse, is dit ‘n gewilde opsie of speletjie om verskille by mense te ontken en dit die teoretiese status van “sosiale konstrukte” te gee. “Liberal modernity views differences as socially constructed and therefore removable through appropriate interventions. For that reason, diversity and inclusiveness have a comprehensive application to education, determining who gets in and what happens while they are there. The specifics of subject matter are less important than the ethnic and sexual diversity of the participants and reading list” (223).

Wat dan aan bv skole en universiteite gebeur, is wat Kalb “grade inflation” noem (237). Die simbole wat in toetse en in eksamens aan studente toegeken word, is nie meer die tradisionele A tot F nie, maar net A vir voltooiing van studie en geen simbool vir nie-voltooiing. “If everyone gets an A, disparities disappear” (1195). Standaarde word grootliks uitgefaseer omdat die toepassing daarvan nie-inklusiwiteit tot gevolg het. Dié euwel “has sometimes gone so far as to redefine the habits and attitudes of underperforming students as different ‘intelligences'” (240). Die werklikheid van bv gebrekkige toewyding en doodgewone onnoselheid word ontken.

Tot dusver het ek hoofsaaklik en baie oorsigtelik die inleidende eerste hoofstuk van Kalb se boek behandel. Bostaande teks behoort in redelike mate ‘n aanduiding van die boek se inhoud te gee. Dit sou bv ruimtegewys onprakties wees om die res van hierdie boek in besonderhede te behandel, des te meer omdat dit moeilik (eintlik onmoontlik) is om inklusiwiteit in isolasie van talle ander modeverskynsels te bespreek. Ek volstaan dus vervolgens grootliks met enkele sprekende aanhalings.

“Ethnic neighborhoods arise not through artificial exclusion, but because people want to feel at home. The Japanese prefer to limit immigration not because they hate other people, but because they are attached to their own way of life and want to live with people who have been brought up in it and see it as part of what they are” (437).

“To accept as mainstream a principle as intrinsically radical as nondiscrimination is to accept permanent revolution as mainstream and the basis of social order” (578). Dit verduidelik deels die plaaslike begeerte vir ‘n tweede swart revolusie na die 1990/1994-ramp. Die groter aggressie waarmee planne gesmee word om blankes van hulle voorspoed te beroof deur op hulle bates ten behoewe van swartes beslag te lê, val sedert die 2014-verkiesing op. Swartes kan blykbaar nie self afdoende welvaart skep nie, gevolglik word dit ten koste van blankes gedoen; vandaar swart ekonomiese bemagtiging. Daarom ook word aanspraak op minstens die helfte van elke plaas in blanke besit gemaak. Daarom word vereis dat swartes in enige/alle poste aangestel word; nie primêr ingevolge bekwaamheid nie, maar omdat hulle etnies-demografies daar is.

“Celebration of diversity … eliminates objections to continual mass immigration from everywhere” (674). In die nuwe Suid-Afrika is dit juis die ongebreidelde instroming van nie-wittes, veral swartes, wat die bevolking toenemend homogeen swart maak en wittes met hulle Europese kultuur al hoe meer verswelg.

“The war against discrimination … soon led to measures such as quotas, sensitivity training, the bowdlerization of language, the redefinition of merit, and the compulsory celebration of diversity” (620). Nie-wit kwotas is nie meer goed genoeg nie. Binne sulke kwotas word ‘n immer hoër swart verteenwoordiging vereis. Taal word om rassistiese en seksistiese redes vermink. Kaaps word polities korrek met meer agting as Standaardafrikaans behandel. ‘n Afrikaanse taalkundige soos Wannie Carstens, wat van beter behoort te weet, verwys na Afrikaans as vroulik. In Rapport se Inrat-motorbylae is insgelyks na motors as vroulik verwys. Gaan vragmotors en trekkers dan manlik en taxis en paneelwaens transseksueel wees?

“To all appearances, blacks who live in majority white countries are better off than those who live in majority black countries.” Wittes verkies, soos swartes, om tussen wittes te woon. “It seems clear that blacks benefit from whites more than whites from blacks, and the view that race relations are a matter of whites exploiting blacks makes no sense” (672).

“Blacks often act badly themselves. There are proportionally far more black criminals than white, and they prey on members of both races, blacks more than whites, since blacks are closer at hand” (676). Wanneer nie-wittes misdade pleeg, word etnisiteit verswyg. Wanneer die relatief uitsonderlike gebeur dat wittes misdade pleeg, ontvang dit groot publisiteit en word sulke mense as bv “monsters” geëtiketteer; iets wat nie met nie-wittes gedoen word nie.

“Social organization requires distinctions, which exclude” (702). “There is always discrimination. Affirmative action discriminates … merit-based society … discriminates on grounds of money, position, and formal certification” (733). Dit is gewoon onmoontlik om sonder diskriminasievermoë, in die sin van onderskeidingsvaardigheid, te lewe, maar dit kan tot aanklagte van haatspraak lei. “The result is a supposedly democratic regime in which the views of most actual people on basic issues like immigration [and] affirmative action … are excluded as illegitimate and irrelevant” (1499). “Affirmative action is in part an expression of dislike for ordinary white men, often on the part of whites who want to get a leg up at the expense of their fellows” (1777). “Inclusiveness creates losers no less than exclusion does. Affirmative action is institutionalized injustice, with a direct victim for every direct beneficiary … Who wants to ride on an airplane flown by an affirmative action pilot? And who can doubt that medical school admission preferences kill patients?” (1784).

“Inclusiveness destroys community by reducing the importance of personal ties, making us interchangeable with others” (744). “To make all identities equal is to keep them from making a difference. Everything dissolves in a haze of interchangeable possibilities” (1605). “Inclusiveness destroys the normal ways people connect to each other, so that they become a mass of essentially unconnected individuals with interests that cannot be expected to harmonize. The results include conflict, disorder, regimentation, mindlessness, and the breakdown of the arrangements and understandings that enable people to know who they are and run their own lives” (1159). “The suppression of independent thought and action by ordinary people necessarily leads to degradation of functional communities, families, and individuals” (1231). Daar is “a compulsion to destroy attachments that make claims on us. Hence the insistence on sexual liberation, abolition of social roles, mass third-world immigration, multiculturalism, and so on” (1662). “Antidiscrimination laws interfere arbitrarily in normal social functioning and create entitlements based on a few characteristics, principally race” (1793).

“Multiculturalism … deprives every culture of any setting of its own … in a globalized world every culture and people is an endangered minority” (2159). “When inclusiveness destroys the concreteness and specificity of a culture, it destroys the possibility of a civilized and humane way of life” (2239). Om humanitêre lewe moontlik te maak en te behou “a broad range of inequalities should be allowed. The risk of doing so is part of the risk of living” (2252). “Stereotypes are … natural to us … it is normally good sense to prefer the patterns to which we are accustomed … [It is not the case] that we hate and fear men and Frenchmen or women and Chinese, but that the natural and social differences of the sexes and historically-shaped differences of peoples and their cultures relate to functional patterns” (2495). In die plek van inklusiwiteit bepleit Kalb partikularisme, dus besondersheid: “Particularism offers meaning, purpose, community, and dignity in a world otherwise lacking these things” (2763).

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.