Annatjie Myburgh se lyk gevind

Deel op

Die soektog na Annatjie Myburgh, die Laeveldse vrou wat ‘n week gelede verdwyn het, het vanoggend vroeg geëindig toe haar lyk gevind is. Volgens ‘n inskrywing op die Facebook-groep Bid vir Annatjie Myburgh deur kaptein Pieter Smit, “is Annatjie se liggaam ontdek”. Sy volledige boodskap lui:

“Môre almal. Dis met leedwese en hartseer dat ek u moet inlig dat Annatjie se liggaam ontdek is. Die familie is reeds vroeër in kennis gestel. Inligting aangaande twee verdagtes is ontvang en deur die SAPD in samewerking met veiligheidsrolspelers opgevolg. Die eerste verdagte is reeds in hegtenis geneem. Pogings om die tweede verdagte in hegtenis te neem het nie geslaag nie, maar die ondersoekspan sal nie rus alvorens hy aangekeer is nie. Van my en al die lede ons opregte jammerte aan die familie. Dankie vir u hulp en ondersteuning. Kaptein Pieter Smit.”

Boodskappe van meegevoel het onmiddellik vanaf die byna 10 ooo lede van die Bid vir Annatjie Myburgh-groep op Facebook begin instroom. Vele gebruikers bid vir Annatjie se gesin, maar ander “sien ook rooi deur die trane” en wil by die hof gaan betoog as die beweerde moordenaar vir die saak voorkom.

Facebook_Annatjie_Myburgh

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.