Hector Pitso: The World wou in 1976 ‘n burgeroorlog ontketen

Deel op

Die swart fotograaf van The World, Sam Nzima wat die foto van ‘n sterwende Hector Pitso, ook bekend as Pieterson, geneem het op 16 Junie 1976, het op dieselfde dag foto’s geneem van hoe die swart skare ‘n polisieman doodmartel maar die Angelsaksiese media het nie daarin belanggestel nie.

In die nuuskantoor van The World het die redaksie saamgespan om ‘n verhaal van wit polisiegeweld te fabriseer sodat hulle ‘n burgeroorlog kan ontketen.

Nzima was deel van die groep wat hoofsaaklik uit skoolkinders bestaan het wat onder meer by Orlando Wes Hoërskool ingebreek het sodat die swart kinders uitgelaat kon word om te gaan betoog.

Die polisie wat die orde in Soweto moes handhaaf, is uiteindelik verwilder nadat die swart skare hulle nie net onder klippe gesteek het nie, maar op hulle losggebrand het.

Net een polisieman in sy voertuig het gebly van sewe gepantserde polisievoertuie wat die swart fotograaf opgemerk het.

Die kinders het al die vensters van die oorblywende voertuig gebreek en die man uitgesleep. Hulle het hom keelaf gesny “asof hy ‘n bok was”, volgens Nzima, en hom aan die brand gesteek.

Nzima het die brutale moord op die polisiebeampte met sy Pentax afgeneem, maar het die film in sy kous versteek sodat die polisie nie die getuienis van die moord in die hande kon kry nie.

Die koerant het dadelik besluit om dié van ‘n sterwende Hector te gebruik ipv die brutale moord.

In die redaksiekantoor van The World het hulle gehoop die foto sal ‘n burgeroorlog laat uitbreek.

The World het ‘n spesiale uitgawe oor die optog laat druk. Die volgende dag, 17 Junie, was daardie foto van Hector Pitso met sy nuwe “wit” van in al die Britse koerante, die 18de in al die Amerikaanse koerante.

Die redaksie het ook summier van Nzima ontslae geraak, waarskynlik sodat die grumoord op die polisiebeampte nie rugbaar moet raak nie.

Pitso is deur ‘n dwaalkoeël van ‘n gewapende swart oproerige getref, maar dit is toegesmeer in wat kennelik ‘n kwaadwillige en voorafbeplande Britse propagandaveldtog was.

Hector Pitso se naam is met opset deur die Angelsaksiese media verander na “Pieterson” omdat ‘n swart naam nie soveel simpatie vir die “ANC se opstand teen Afrikaans” sou wek in die VSA en Brittanje nie.

In die Hooggeregshof in Bethal, het Regter Curlewis in 1979 egter bevind dat die PAC ‘n leidende rol in die Soweto-opstand gespeel het en nie die ANC nie.

Verskeie getuies het getuig hoe die PAC onder leiding van Zephania Mothopeng die Soweto-opstand beplan het.

Adam, een van die getuies het getuig voor die hof dat in een van die ondergrondse vergaderings van die PAC, wat hulself as die Jong Afrika Godsdiensbeweging voorgedoen het, PAC-leiers vanuit Soweto aan hulle voorgestel is.

Zephania Mothopeng het skoolkinders opgesteek. Hulle moes gelyktydig oor die hele land begin wegbly van die skool, en die Apartheidsregering se eiendom vernietig ten einde die ekonomie van die land in duie te laat stort.

Die polisie wat eers in Soweto moes retireer, is later herontplooi met berede eenhede en helikopters. Hulle het aangehou om traangas te gooi om die skare uitmekaar te dryf.

Anargie het later uitgebreek nadat die skoolkinders drankwinkels geplunder het, en dit aan die brand gesteek het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.