Karel Combrinck: ‘n Babelse verwarring

Die mens leef nou maar eenmaal volgens idees. So weet ons seker almal, of vermoed minstens, dat die rasbeheptheid van ons tyd ook sy oorsprong en voedingsbron in ‘n idee het.

Daar is talle oorwegings wat by hierdie verskynsel ‘n rol speel, soos die begeerte om in die mode of politiek korrek of fatsoenlik te wees, of ‘n blote gekondisioneerde Pawlof-brakhond te wees, of die behoefte om alles wat primitief en beskawingsvreemd is te omhels. Maar die vernaamste beweegrede tot rasbeheptheid op die vlak van idees is die humanisme. As ‘n mens dus die haters van die wit ras wil beveg, moet jy in die eerste plek die filosofie en ideologie beveg wat dit ten grondslag lê. Die filosofiese onderbou van antiwit haat is die humanisme. En soos ons weet, die vernaamste haters van die wit ras is die wit ras self.

Daar is seker vele mense wat meen dat humanisme ‘n ander naam vir filantropie is en dat dit die een of ander bybelse oorsprong het en as sodanig iets met naasteliefde te make het. Dis nie die geval nie.

Ons begin met ‘n kort, hopelik werkbare definisie:

Die humanisme is die verwerping van enige mag of morele gesag wat verhewe is bo die mensdom, en behels as sodanig die ontkenning van ‘n godheid ten gunste van ‘n geloof in die vooruitgang van die mens wat deur sy eie krag en inspanning bewerkstellig word.

Kortom stel die humanisme die mens dus voorop. Dit het veral met die Renaissance tot sy reg gekom toe daar teen die mag van die kerk en van die godsdiens opgestaan is en teruggegryp is na die klassieke antieke (dus voorchristelike) filosofie en kultuur. In dié opsig het die humanisme op sy tyd ‘n waardevolle rol gespeel om die mensdom van bygeloof en redelose vrees vir die onbekende te verlos. Terselfdertyd het die humanisme die oorhand verkry oor ‘n Katolieke kerk wat vir eeue lank die algemene bevolking uitgemergel en doelbewus in die duisternis van onkunde vasgeketting het tot voordeel van die adel en die prinse van die kerk. Maar soos die meeste ander menslike maaksels het die humanisme ook met die tyd ontaard, oorryp en suur geword.

Hoewel die Bybel vanselfsprekend nie ‘n humanistiese strekking het of kan hê nie, word wel in die Bybel met die humanisme as idee geworstel. Die term “humanisme” word natuurlik nie gebruik nie, maar die stryd tussen godsdiens en die humanisme is duidelik herkenbaar so vroeg soos Adam en Eva. By implikasie wou Adam en Eva, deur van die boom van kennis te eet, hulleself gelykstel aan God. In stede daarvan om hulle te onderwerp aan God se opdragte wou hulle self alwetend word en self besluit wat hulle mag doen en wat nie.

Nog ‘n oudtestamentiese voorbeeld van dieselfde verskynsel is die bou van die toring van Babel, toe die volk besluit het om ‘n toring op te rig waarvan die toppunt tot in die hemel moes strek. Weereens ‘n situasie waar die mens hom deur sy eie inspanning en vernuf tot op ‘n vlak gelyk aan God wou verhef.

In die moderne teologie het daar sedert die vroeë twintigste eeu ‘n neiging ontstaan om godsdiens en die humanisme te probeer versoen. Die gedagte was dat godsdiens in die eerste plaas daarmee gemoeid moet wees om na die mens se stoflike welvaart om te sien en sg. maatskaplike geregtigheid na te streef. Soos dikwels gesê word, het teoloë en die kerke die klem begin plaas op die horisontale dimensie van teologie, naamlik die verhouding tussen mens en mens eerder as op die verhouding van mens tot God. Aangesien ware godsdiens en ware humanisme onversoenbaar is, moes een van die twee voor die ander swig. Die een wat geswig het, was die godsdiens.

Die klem op die sosiale en politieke funksie van die teologie het veral vorm aangeneem in die Social Gospel-beweging van die vroeë twintigste eeu, hoofsaaklik in die VSA en Kanada waarvandaan dit na die res van die Westerse wêreld versprei het. Die beweging het die Christelike etiek op sosiale probleme soos ekonomiese ongelykheid en rassekonflik probeer toepas. Op meer teologiese vlak het hulle verkondig dat die Wederkoms nie sou kon plaasvind nie voordat die mensdom van sosiale ongeregtigheid ontslae geraak het.

Hierdie horisontale benadering het in ons tyd so ver gevorder dat daar vandag sprake is van teoloë en kerke wat God hoegenaamd nie meer in berekening bring nie en dat daar selfs begrippe bestaan soos ‘n ateïstiese teologie en politieke teologie.

Hoe bring dit ons dus nou by rasbeheptheid ? Op twee maniere:

Eerstens is die nuwe humanistiese teologie gerig op maatskaplike geregtigheid. Of dit nou moontlik is om maatskaplike geregtigheid te verwesenlik, is nie ter sake nie. Wat ter sake is, is dat maatskaplike geregtigheid ‘n teologiese doelstelling is wat daarop gemik is om alle mense in te sluit.

Tweedens bestaan daar die gevoel, miskien ten regte, dat die Westerse mens in groot mate sy potensiaal verwesenlik het. Die Westerse wêreld is sinoniem met die «ryk lande» van die wêreld wat op die een of ander manier iets aan die ander verskuldig is. Of daar nou inderdaad nog baie miljoene arm witmense ook is, maak hieraan nie veel verskil nie. Die wit samelewings van die Weste is nou eenmaal die rykes. Aangesien die wit samelewings van die aardbol reeds hulle ontwikkelingspotensiaal verwesenlik het, beteken dit dat die «teoloë» van die humanisme genoodsaak voel om die res van die menslike potensiaal ook tot dieselfde vlak te ontwikkel. ‘n Teologie vir wie die mens die hoogste waarde in die heelal verteenwoordig, kan nie toelaat dat ‘n groot gedeelte van die mensdom van hierdie verheerlikte status uitgesluit word nie. Vandaar bv. die obsessionele beklemtoning van ‘n begrip soos inklusiwiteit of sy teendeel eksklusiwiteit.

Daar is in hierdie proses van «insluiting» en gelykmaking ‘n duidelike utopiese element te bespeur wat ook onderliggend was aan die internasionale kommunisme. In elk geval was die proses van insluiting en gelykmaking ‘n rookskerm vir iets anders, in die geval van kommuniste om hulle magsgreep op die massas te versterk en in die geval van die Westerse samelewings om die mark en verbruikerspoel uit te brei ten einde die superrykes in staat te stel om nog groter winste te kan maak. Dit behoef ook geen besondere betoog nie om in te sien hoe hierdie denkbeelde inskakel by die internasionalisme met sy uitwissing van nasionale identiteite en grense.

In suiwer vorm is daar ‘n duidelike onderskeid tussen die humanisme en naasteliefde soos ons dit ook in die Bybel aantref. Waar die naasteliefde in die eerste plek gerig is op die verheerliking van God, is die humanisme gerig op die verheerliking van die mens. Dis wanneer hierdie twee begrippe begin deurmekaarloop dat ‘n besonder toksiese produk onstaan in die vorm van wat in Engels bekendstaan as humanitarianism. Humanitarianism is ‘n vorm van naasteliefde wat onder invloed van die humanisme, die verloopte kerk en die kommunisme ontwikkel het in ‘n gesistematiseerde ideologie van eendersheid wat meer met politiek te make het as met godsdiens.

Daar het ook in die loop van de negentiende en twintigste eeue ‘n gedagterigting ontwikkel wat hier ‘n rol speel, naamlik dat hoewel God nie meer ‘n werklikheid is nie, daar tog nog iets oorgebly het van die Christelike etiek waaraan mense kan vasklou. Dis nie die bedoeling hier om ‘n teologiese relaas te lewer nie, maar dit is nou maar eenmaal so dat die Christelike etiek sonder Christus weinig meer is as ‘n leë dop.

Die verheerliking van alles wat swart is, so kenmerkend van ons tyd, is ‘n gesamentlike brousel van die humanisme en van politieke «teologie» , ‘n brousel wat gretiglik opgeslurp word deur goedgelowige drommels in kerke wat lank gelede reeds nie meer rigting kan aandui nie omdat hulle self hulle kompas verloor het.

Beteken dit nou dat die Bybel voorskryf dat swart mense vir altyd verdruk moet word? Tog sekerlik nie. Dit beteken wel dat die verheerliking van swart mense, soos trouens van enige ander menslike wese, nie tot die vlak van ‘n godsdiens, of liewer afgodsdiens verhef mag word nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • jan

    Dave Hunt in Seduction of Christianity het dit goed beskryf

    Carl Jung ook – hierdie konflik tussen selfverheerliking / aanbidding versus selfmoord selfkastyding.

    Servetus is deur Calvyn tereggestel oor hierdie uiters gevaarlike satanistiese kettery.
    Die Skepsel moet aanbid word in plek van die Skepper = suiwer satanisme.afgodediens

    Ons beleef nou hierdie lewe en wêreld sonder grense 50 jaar na Verwoerd se teregstelling en die enigste opsie is self bewapening…
    Maaaaar
    Miskien sal ons in die proses nuwe futuristiese grense ontdek om ons te beveilig. Ek glo en hoop en bid dat Orania veilig sal wees sonder doringdraad en beton-mure..

    Dit was en is steeds Verwoerd se ENIGSTE opsie.

    • besoeker

      Dit is ‘n LEUEN. Servetus is deur die jood Calvyn VERMOOR omdat hy nie die RKK se gemaakte god van drie wou aanbid nie. Groen hout is deur Calvyn beveel om te gebruik sodat Michael Servetus lank moes brand.

      Jy is vasgevang in die calvinistiese dogma- dogter dogma van die moeder katolieke kerk as jy dit glo.

      Humanisme is vanaf Aquinos deur die RKK gebruik om AL die christenkerke te infiltreer. Die gif kom uit die RKK. Lees gerus wat die pouse almal te se gehad het oor die ‘natuurlike mens’ en die have en die have nots. En of dit volgens hulle ‘n sonde of ‘n misdaad is om te steel as daar nood is. Hoekom DINK jy is dit toegelaat dat privaat grond GESTEEL word deur die barbare. Want die jesuite en hulle bevrydings of swart teologie het in die naam van the father the son and the holy ghost die swartes van Afrika opgesweep om alle blankes uit te wis en te besteel. Soek na al die NUWE jesuitiese geboue in Zimbabwe- maar die land se sprinkane vlieg hier heen.

      Godsdiens, dogma, teologie, filosofie is die vyand van elke Boer en kind van die ENIGE God in hierdie en elke ander land waar die gif versprei is. En om dieselfde god as die roomse organisasie met hulle holy father te aanbid… Word wakker. Dit is presies dieselfde as om DA te stem wat net ‘n ander baadjie aanhet as die ANC – maar die politieke god wat aanbid word is dieselfde.

      Kom uit die Babilonkerk en haar dogters waarvan calvinisme een is. Om die RKK se god te aanbid is fataal. Daar is net een GOD en Skepper en Hy, nie HULLE(3) nie, is nie ‘n HUMANIS nie en nog minder ‘n drie-in-een god.

      • jan

        En daar spring die dywel in ons moedertaal uit – hol vêr weg my Volk!
        En daar spring ou anderkawwer Teoloog Thysh weer uit sy hok sopas nadat hy ‘n roerende pleidooi vir dr Dominees Calvinis Treurnicht geskryf het.
        Hoe vals kan mens wees?

  • Götterdammerung

    Goeie opinie stuk. In hulle boek “Cuckservative: How Conservatives betrayed America” skryf Vox Day en John Red Eagle in hoe ‘n mate hierdie humanisme ideologie die grootste ondergrawer van Westerse beskawing is. In die boek beskryf hulle dit as die “Churchian Cuckservative”. My vertaling hierop is die Kerkhaan Kloekserwatief
    Kerkhaan – persoon wat voor in die Kerk sit en die mens tot mens verhouding verheerlik terwyl hy rasvermenging en globalisme voorstaan. Mnr en Mev Dominee vir wie die aansien belangriker as die werk is (sluit natuurlik elke vrome kerklid in) en kan gekenmerk word deur dade soos aanvaarding van gay huwelike, aanneem van kinders oor die kleurgrens ens.
    Kloekserwatief is die outjie wat gelukkig is om sy vrou uit te leen aan die tuinjong vir ‘n uur van pret terwyl hy “konserwatiewe” waardes voorhou maar nie onderhou
    Ander AltRight skrywers o.a. Mencius Moldbug, Brett Stevens, Andrew Auenheimer het al heelwat oor hierdie selfde onderwerp geskryf. Die lig aan die einde van die tonnel is juis dat dit deur die AltRight onder die vergrootglas geplaas is en dat miljoene mense regdeur die wereld nou baie skielik daarmee vertroud is

    • G

      Die koekserwatief se dae is getel.

    • jan

      Net een dingetjie wat nie waar is nie naamlik dat al die goeie ouens buite die Kerk is.
      Ons is ewe sleg ongeag die ‘Kerk’ Die valsheid buite en binne die Kerk is ewe veel.

      Die ware Kerk van Christus [al die denominasies] word gekenmerk deur liefde….
      Satanistiese Kerk word gekenmerk deur haat.

      • besoeker

        Die in die kerk is ten volle gebreinspoel. Daar is regverdiges en daar is goddelose. Jou breinspoeling is nou juis bewys in jou oningeligte stelling- almal is ewe sleg- direk uit die calvinisme en sy TULIP. Want baie snaaks dat Jesus SELF erken het dat daar regverdiges in Sy tyd was NIE BEKERING NODIG gehad het nie. Nou toe nou.

        • jan

          Erfsonde en die uitverkiesings leer was nog altyd vir die Boere Nazis en Israelvisie Baalkultus Katolieke ‘n probleem. Ek het laankal vrede gemaak met julle persoonlike teologese selfbeskikking dogma gesukkel wat geen sin mak nie. – laat ons aangaan met ons politieke selfbeskikking oorlewing.
          Julle is almal my pêlle solank julle net nie my persoonlike Calivinistiese soewereiniteit in my eie kring probeer verkrag nie.

          Want soos met Liam sopas gesktyf is Liefde die basiese kenmerk van ‘n Christen nie haat nie behalwe haat vir die sonde.maar nie die sondaar nie.
          Ek is mal lief vir julle maar jou maniere / gedrag haat ek soortvan

          • Kalium_Chloraat

            Die uitverkiesing dogma verskil tussen die Calviniste en die Israelvisie in die sin dat die Calvinisme glo dat die uitverkiesing arbitrêr is en die Israelvisie glo dat dit die volk is wat uitverkies is.

          • besoeker

            As my kommentaar deur kom, goed so. Solank, Israel Visie is net so misleid soos die christen met ‘n valse teologie. British Israelism is maar net nog ‘n dogter, saam met die protestante, van die roomse kerk en organisasie. Sal my niks verbaas as daar jesuite onder die wat die Israel visie aanhang, is nie.

            Die erfsonde: Gee uit die skrif, op swart en wit, dat ons die ‘sonde’ van Adam af geerf het, of van die wat daarna gekom het. Erfsonde is geskep, uitgedink en vervolmaak om die kind van God vir ewig ‘n slaaf van die kerk te maak. Die Baalse priesters van satan, onder andere die jesuit Calvyn, was instrumenteel aan hierdie eeu oue misleiding.

            En defineer ‘sonde’. As iemand ‘n goeie lewe lei, nooit ‘n vlieg skade aan doen nie, is hy nogtans verdoem tot die ‘hel’ en veroordeling, volgens die christen. Sy siel MOET gered word. Die christen is arrogant om hulle godsdiens in ander se kele te wil afdruk.

            Die siel wat sal sondig sterf, en die regverdige se siel sal lewe. Eseg 18. Oeps, het vergeet dat die christen nie weet wat ware regverdigheid is nie, net wat Paulus beweer: Deur geloof is jy geregverdig. rubbish.

  • Karel Combrinck

    Bravo!

  • Kalium_Chloraat

    Lekker Karel!

    Die stryd tussen humanisme en godsdiens is ‘n stryd tussen wêreldbeskouings. Humanisme soos Protagoras se “Homo mensura” wat die (man) mens, as maatstaf van alles stel het sy eie skeppingsverhaal uitgedink gegrond op menslik materialistiese beginsels en toeval, ‘n soort van Dux ex machina wat die dryfveer van sy skeppingsverhaal is. Humaniste GLO in hierdie materialistiese beginsels as Skeppers. Hierdie geloof beskerm ditself, soos ons gereeld sien, op ‘n manier wat die Roomse inkwisisie trots sou gemaak het. Humaniste se wêreldbeskouing is dus ‘n uitvloeisel van hul godsdiens.