Gemeenskapsprotes lei tot geweld sê nuwe verslag

Deel op

Die Suid-Afrikaanse navorsingsleerstoel vir Maatskaplike Verandering by die Universiteit van Johannesburg het ‘n verslag bekendgestel oor betogings in Suid-Afrika.

Die verslag is saamgestel mbv voorvalle wat deur die polisie aangeteken is. Dit sluit betogings in wat vreedsaam sowel as met geweld verloop het.

Dit blyk uit die verslag dat die aantal protesoptogte wat per dag plaasvind, heeltemal oorskat word.

Die voorvalle is oor ‘n tydperk van 16 jaar deur die polisie aangeteken vanaf 1997 tot 2013.

Een van die skrywers van die verslag, Professor Peter Alexander sê daar is sowat 71 000 voorvalle van betogings in die databasis aangebring.

Hy sê dit kom neer op minstens elf betogings per dag, terwyl sommige bronne dit as 30 aangee.

Volgens Alexander is dit meer as wat deur mediaberigte weergegee word, maar minder as syfers wat in die parlement bekendgemaak is.

Luidens die verslag was 2012 die ergste jaar met 5500 betogings en 2003 die beste met 2300. Per kop het die Vrystaat die meeste betogings gehad.

Xenofobie het min emosies gaande gemaak en byna niemand wou die strate invaar om daarteen protes aan te teken nie.

Gemeenskapsbetogings is gewild, maar vakbonde se georganiseerde byeenkomste verteenwoordige byna die helfte van alle griewe wat na optogte lei, met 46%.

Interessant is dat optogte deur georganiseerde arbeid in meer as die helfte van gevalle nie lei tot geweld nie, maar dat gemeenskapsbetogings wel grootliks tot oproer neig.

Alhoewel diensleweringsprotes minder as 20% van alle optogte behels, lei dit in byna 50% van die aangetekende gevalle tot geweld.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.