Hongersnood dreig om die Tsjadmeer

Deel op

Die Dalori-kamp naby Maiduguri in die noordooste van Nigerië is opgerig vir mense wat deur Boko Haram haweloos gelaat is.

Die prys van ‘n koppie rys het al byna verdubbel en etniese geweld dreig in Nigerië waar inwoners kla dat hulle deur Fulani-groepe met AK-47’s bedreig word wat hele statte afbrand en mense verjaag.

Minstens tien mense sterf elke dag van hongersnood in die kamp.

Intussen word die staat daarvan beskuldig dat hulle noodvoorrade steel om op die ope mark te gaan verkoop terwyl die kamp se mense van honger omkom.

Nigerië se ekonomie het ‘n knou gekry met die dalende ru-oliepryse.

Dit beklemtoon die groeiende voedselkrisis in die noordooste van Nigerië en die Tsjadmeer-gebied.

Die Verenigde Nasies het reeds in Mei aangedui dat 9,2 miljoen mense wat om die meer woon en die grens tussen Nigerië, Tsjad , Kameroen en Niger vorm, ‘n groot behoefte aan kos ondervind.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.