EFF-skaapsteler in Vrystaat gevang

Deel op

‘n EFF-kandidaat vir die Bloemfonteinse stadsraad is gevang dat hy skape steel. Jacobus Nchefu, wat blykbaar ook as “pastoor” bekend is, asook vier medepligtiges, is deur die polisie aangekeer weens die besit van velle en koppe van gesteelde skape, volgens ‘n polisiewoordvoerder, Wendy Nkabi.

Daar word vermoed dat die verdagtes die gesteelde skape in sy kerk in die Bohlokong-lokasie aangehou het. Dié lokasie is in Petrusburg geleë.

Nkabi sê: “Die polisiebeamptes het die voertuig voorgekeer en deursoek. Tydens die ondersoek het hulle vier skaapvelle in die bak van die verdagte se voertuig gevind. Daar word beweer dat die vier skape geslag is en in ‘n kerk in die Bohlokong-lokasie gehou is.”

Volgens haar is nog 34 skape in ‘n oop veld in Bohlokong gevind.

Die vyf swart mans het reeds in die hof verskyn, maar die saak is tot 17 Junie vir ‘n borgtogaansoek uitgestel.

Officers also found 34 sheep at an open field in Bohlokong, she said.

The five have since appeared in court, where their case was postponed to June 17 for a formal bail application.

Die provinsiale voorsitter van die EFF in die Vrystaat, Kgotso Morapela, sê hulle sal wag om te hoor wat die hof besluit alvorens hulle stappe teen Nchefu neem.

“Ons gaan nie huiwer om sterk op te tree teen enige individu wat hom aan die verkeerde kant van die gereg bevind nie,” sê Morapela.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.