Obama wil Moslems se gevoelens spaar

Deel op

Hoe President Obama reageer op geweld wat met Islam te make het, word duidelik bepaal deur ‘n spesifieke stel reëls.

In sy jongste aanval op Donald Trump na die massaslagting deur ‘n ISIS-terroris in Orlando, Florida, het die Amerikaanse president weer erg kleigetrap.

Trump het Obama se versuim om radikale Islamiste te kritiseer, ten sterkste afgekeur en gesê die president behoort te bedank.

Obama het op sy beurt die debat rondom radikale Islam “politieke afleiding” genoem.

Die president was eerder bekommerd dat Moslems se gevoelens gespaar moet bly.

Hy het gesê oproepe vir strenger beheer en ‘n verbod op Moslemimmigrasie sal Moslem-Amerikaners “verraai deur hul regering laat voel”.

Obama het aan verslaggewers gesê ná ‘n ontmoeting met die Amerikaanse Nasionale Veiligheidsraad ‘n aanval deur groepe soos “Isil” (beter bekend as ISIS) “sal nie verhoed word deur die gebruik van ‘n etiket nie” en bygevoeg dat Islam “niks te doen het met die aanval nie”.

“Oproepe om ‘n bedreiging ‘n ander naam te gee, sal nie maak dat dit nie weggaan nie. Dit is ‘n politieke afleiding.”

Net daarna het hy homself liederlik weerspreek en gesê die idee dat die administrasie verward is oor die vyand, is vals want hulle voer ‘n oorlog teen “Isil” in Sirië, Irak en Libië “wat stadig gewen word”.

Die oorlog teen ISIS word tans eerder deur sy administrasie se aartsvyand, president Assad van Sirië mbv Rusland gewen.

Berigte van Amerikaanse betrokkenheid om ISIS se hand te sterk dmv hul NAVO-bondgenoot Turkye het vroeër die nuus gehaal, terwyl Obama herhaaldelik oproepe gedoen het dat “Assad moet gaan”.

Obama het Islam weer verdedig soos hy nog nooit enige ander godsdiens verdedig het nie. Soos gewoonlik het hy die swartsmeerdery, aanvalle, moorde en massamoorde op Christene geïgnoreer.

Die swart president het ook voorheen geen woord van simpatie gehad vir Colleen Hufford wat die slagoffer van ‘n wrede jihadistiese aanval was nadat ‘n toegewyde swart Moslem haar kop afgesny het nie.

In die linkse media is Hufford voorgehou as iemand wat dalk “rassisties” kon gewees het, maar sonder enige getuienis van sulke optrede. Haar beweerde “rassisme” is gebruik om die Moslem se moord te regverdig.

Obama blameer gereeld alle wit mense vir slegte dinge wat gebeur het, tans gebeur, en kan gebeur met swart mense.

Hy het trouens sy aanval op Trump afgesluit deur te sê mense wat Moslems “terroriste” noem, bevorder eintlik terreur.

Obama het in sy reaksie gesê Omar Mateen se massamoord in Orlando was ook ‘n “haatmisdaad” en “uit eie bodem, uitgevoer deur ’n moordenaar wat wapens wettig gekoop het”.

Die ander bestanddele van die Obama-resep is om alle rykes te demoniseer tensy die rykes Demokratiese Party ondersteuners is.

Trump het Obama se reaksie op die Orlando-skietery as te bangbroekig beskryf en Hillary Clinton betig omdat sy haar nie sterker teen terreur kan uitspreek nie, en bygevoeg dat sy nie aan die presidentsverkiesing behoort deel te neem nie.

“Pres. Obama het skandelik geweier om selfs die woorde ‘radikale Islam’ te gebruik.

“Om daardie rede alleen behoort hy sy amp neer te lê. As Hillary Clinton ná hierdie aanval nie die twee woorde ‘radikale Islam’ kan sê nie, moet sy uit die presidentsverkiesing tree,” het Trump in ’n verklaring gesê.

Trump het kort ná die skietery getwiet hy wil nie “gelukgewens word” omdat hy reg was oor radikale Islamitiese terreur nie; hy wil “taaiheid en waaksaamheid hê”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.