ISIS-aanvaller dood senior polisiebeampte in Parys

Deel op

‘n Senior Franse polisiebevelvoerder is buite sy huis doodgesteek asook sy metgesel, ‘n polisievrou, in ‘n aanval deur die Islamitiese staat.

Die Franse regering het dit as ‘n “volslae daad van terrorisme” beskryf.

Die aanvaller, ‘n 25-jarige man van Marokkaanse afkoms, is tronk toe gestuur in 2013 vir hulp aan Islamitiese militante om na Pakistan te reis en was onder toesig van die intelligensiedienste.

Ten tyde van die aanval, het die polisie selfs meeluisteringstoerusting teen hom ontplooi, het polisiebronne gesê.

Die aanvaller het deel van die aanval verfilm en op Facebook uitgesaai, volgens David Thomson, ‘n joernalis wat in radikale Islamiete spesialiseer.

In sy Facebookboodskap, het die terroris die aanval aan die Euro 2016-sokkertoernooi gekoppel wat tans aan die gang is in Frankryk en gesê: “Die Euro sal ‘n begraafplaas wees.”

Die aanvaller, Larossi Abballa, het die 42-jarige bevelvoerder herhaaldelik in die maag gesteek Maandagaand.

Hy het toe homself binne-in die huis in Magnanville toegesluit, ‘n voorstad sowat 60km wes van Parys, en die man se 36-jarige metgesel en hul drie-jaar-oue seun as gyselaars aangehou.

Die vrou, ‘n sekretaresse by ‘n polisiestasie in ‘n nabygeleë woonbuurt, is vermoor met ‘n mes, het ‘n bron na aan die ondersoek gesê voordat hy deur ‘n spesiale polisie-eenheid doodgeskiet is.

Op een stadium het die terroris die na die klein seuntjie agter hom op die rusbank beduie tydens die verfilming en gesê hy weet nie wat hy met hom gaan doen nie.

Die polisie het op die liggaam van die vrou afgekom, maar die jong seun is gered.

Die seun was ongedeerd, maar in ‘n toestand van skok.

Die Islamitiese Staat het op hul webwerf vroeër bevestig dat die aanval deur ‘n ISIS-terroris uitgevoer is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.