Een van die enigste twee oorlewendes in die Van Breda-gesinsmoord op Stellenbosch gaan na verwagting vandag in die hof daar verskyn op drie aanklagte van moord en een van poging tot moord.
Polisiewoordvoerder, André Traut, het bevestig dat ‘n 21-jarige verdagte homself Maandag aan die polisie oorgegee het.
Die verdagte is op sosiale media as Henri van Breda geïdentifiseer, maar Traut wou nie uitbrei oor die inhegtenisname nie.
Dit is nie seker wat daartoe gelei het dat die verdagte homself oorgegee het nie.
Sy pa, Martin, sy ma, Teresa, en ouer broer, Rudi, is sowat 18 maande gelede in bylaanval vermoor.
Henri en sy suster, Marli, het oorleef en sy is ná maande in die hospitaal ontslaan.