Penny Sparrow-fondsinsameling afgehaal ná klagte van Julia Moore en KPMG

Deel op

‘n Fondsinsamelingsveldtog om Penny Sparrow te help om haar R150 000 boete vir “haatspraak” te betaal, is van die internet verwyder, danksy ‘n klagte van ene Julia Moore, ‘n werknemer van die ouditeursfirma, KPMG. Dit is tans onduidelik of die klagte deur KPMG self of deur me. Moore, wat oënskynlik ‘n maatskaplikegeregtigheidskryger is, aanhangig gemaak is. Toe die veldtog van die webblad youcaring.com verwyder is, het dit reeds op $355 (ongeveer R5400) gestaan. Een van die ondersteuners op die blad was optimisties dat die insamelingspoging “viraal sou raak” en dat hulle maklik die $10 000 of selfs meer vir Penny Sparrow sou kon insamel.

Penny_Sparrow_fundraiser2

Aanvanklik was daar net ‘n paar kleinerige bedrae van $10 wat mens geskenk het, maar ná twee skenkings van $100 elk, het dit skielik momentum begin verkry. Dit is egter op dié oomblik wat Julia Moore op die toneel verskyn het en verklaar het dat sy en ander klagtes teen die fondsinsameling by Youcaring aanhangig gaan maak.

julia_moore_penny_sparrowSy gebruik die Portugese slagspreuk van die Frelimo-terroristebeweging “a luta continua”, wat in die tagtigerjare insgelyks deur die ANC en SAKP oorgeneem is toe hulle meer as 200 terreuraanvalle op burgerlikes in Suid-Afrikaanse stede, asook op plase, met die hulp van die DDR en die Sowjetunie, geloods het.

Volgens haar Facebook-profiel het Julia Moore aan die Universiteit van Kaapstad gestudeer, ‘n kampus van waar vele linkse, antiwit maatskaplikegeregtigheidskrygers afkomstig is. Dit is ook daar waar die omstrede Chumani Maxwele die standbeeld van Cecil John Rhodes met ontlasting bestrooi het.

Hier is Julia Moore op ‘n Facebook-foto saam met haar vriend; hulle is ook motorfietsgeesdriftiges.

julia_moore5
Julia Moore, die linkse maatskaplikegeregtigheidskryger wat Penny Sparrow verder finansieel wil ruïneer deur te verhoed dat simpatiekgesindes vir haar geld insamel om haar boete te betaal.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.