Zim-skole begin laat

Deel op

Image

‘n Skool in Zimbabwe

Zimbabwe het die opening van skole met twee weke uitgestel, berig die staatsmedia te midde van vrese dat onderwysers nie vir lesse gaan opdaag nie weens die land se verswakkende humanitêre krisis.

Skole was veronderstel om volgende Dinsdag vir die nuwe akademiese jaar te open maar die sekretaris vir onderwys, Stephen Mahere, sê in die regeringsmondstuk, die Herald-koerant, dat klasse nie voor die 27ste Januarie voortgesit sal word nie want verlede jaar se eksamens is nog nie gemerk nie.

“Die besluit is genoodsaak deur die behoefte om die merk van die 2008 openbare, nasionale eksamens wat 'n beduidende hoeveelheid onderwysers betrek, af te handel,” sê hy.

Die vertraging gee die onderwysministerie ook die geleentheid om versoeke deur skole om skoolfonds in buitelandse geldeenhede te hef, te ondersoek, sê die koerant.

Onderwysers het verlede jaar verskeie kere oor salarisse gestaak nadat Zimbabwe se verbysterende hiperinflasie hulle salarisse tot byna niks laat krimp het.

Hierdie jaar het stakende onderwysers gewaarsku dat hulle nie sal terugkeer werk toe as hulle nie in buitelandse geldeenhede betaal word nie. Hulle dring aan op maandelikse salarisse van 2 200 Amerikaanse dollars.
“Die posisie is dat indien daar nie salarisse in Amerikaanse dollars is nie, sal dit 'n probleem wees vir onderwysers om terug te keer werk toe,” sê Oswald Madziva, die nasionale koördineerer van die Progressiewe Onderwysvakbond van Zimbabwe (PTUZ.)

“Die uitstel van die skoolkalender wys dat die regering erken het dat alles nie in orde is nie,” het hy aan AFP gesê.

Sommige onderwysers het uit hulle klaskamers gevlug te midde van geweld rondom die presidensiële uitklopverkiesing in Junie, terwyl ander weer opgehou het om op te daag terwyl hulle probeer het om goedere op straat te verkoop in 'n desperate poging om te oorleef.

Inflasie was in Julie op 231-miljoen persent geskat, maar onbetrokke ekonome sê dit beloop nou waarskynlik in die triljoene.

Die sentrale bank druk banknote met al hoe groter bedrae, soms 'n paar keer per maand, maar kan steeds nie tred hou met die snelstygende pryse nie. Baie winkels dring nou op buitelandse geldeenhede aan, wat baie van die gewone Zimbabwiërs effektief verhoed om te koop.

Baie van die skole het 'n tekort aan basiese voorrade en selfs lopende water te midde van 'n cholera-epidemie wat reeds meer as 1 700 lewens geëis het sedert Augustus.

оборудование для ремонта грузовых автомобилейАлександр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.