EU sluit ekonomiese vennootskapsooreenkoms met SAOG

Deel op

Na jare se onderhandelinge het die Europese Unie (EU) en ses lande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) ‘n ekonomiese vennootskapsooreenkoms (EPA) op Kasane in Botswana onderteken.

Hierdie is die eerste ooreenkoms van sy soort tussen die EU en ‘n streek in Afrika wat die doelwit van ekonomiese integrasie nastreef.

Me. Cecilia Malmström, die EU se kommissaris vir handel, het dit namens die EU se ekonomiese magsblok met SAOG onderteken.

Zimbabwe is nie ingesluit in die transaksie met mede-SAOG-lande nie.

Bekend as die Ekonomiese Vennootskapsooreenkoms (EPA), het die ministers handel van Botswana, Lesotho, Mosambiek, Namibië, Swaziland en Suid-Afrika die ooreenkoms geteken.

Die EPA het gee Afrika-lande toegang tot die interne mark van 500 miljoen verbruikers van die EU.

“Onder die EPA, sal dit ook makliker word vir maatskappye en verbruikers om Europese produkte wat hier nodig is te bekom,” sê Malmström.

Die EPA sal glo rekening hou met die verskillende vlakke van ontwikkeling van elke vennoot.

Dit waarborg Botswana, Lesotho, Mosambiek, Namibië en Swaziland belasting- en kwotavrye toegang tot die Europese mark.

Suid-Afrika, wat reeds ‘n staande afsonderlike ooreenkoms met die EU het, sal ook baat vind by verbeterde marktoegang, wat verder as die bestaande bilaterale ooreenkoms sal strek.

In 2015, het die EU goedere ter waarde van bykans €32 miljard van die streek ingevoer, veral minerale en metale.

Die EU het goedere van byna dieselfde waarde, meestal ingenieurswese, motor- en chemiese produkte uitgevoer na die streek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.