Nuwe party kan nie blanke belang dien

Dit maak nie saak hoe erg die Kongres van die Proletariaat (sg. Cope) na blankes vry nie, die meerderheid van hul steun kom van swartes en swartes se belange as landsburgers is onversoenbaar met dié van blankes. Dus kan die Kongres van die Proletariaat (sg. Cope) nooit blanke belange dien nie.

Dieselfde geld vir die DA (en dus by implikasie enige ander party) wat onder swart kiesers wil groei. Die DA sal blanke belange moet afsê en ekslusief op swart belange begin fokus as hul werklik beoog om swart kiesers te trek. Tot hierdie beleid het Zille en haar bestuur hul reeds verbind.

Swartes is egter baie meer rassisties in hul leierskapskeuse as blankes, wat beteken dat Helen Zille sal moet waai. Tans lei die DA nog aan die Westerse illusie dat hulle swartes gaan oorhaal om vir hul te stem. Dit wil die DA doen deur te bewys dat hulle oor 'n beter administrasie beskik en dus dienste kan lewer. Zille wil swart kiesers van die DA as alternatiewe

regering oorreed deur haar administrasie van Kaapstad as vertoonlokaal te gebruik. Wat hierdie voormalige Black Shash 'comrade' nie verstaan nie is dat ongeag die feit dat sy op haar dag MK-terroriste gehuisves het die swartes haar ten eerste as wit beskou. Vir hulle is sy 'n blanke bevoorregte en dus die onderdrukker. Soos Mahatma Ghandi dit gestel het "… there is no people on Earth who would not prefer their own bad government to the good government of an alien power…" Ek reken jy kan ook die woorde "alien power" met die woorde "alien people" vervang. Dit verstaan Zille en die linkse blankes nie.

Die DA en blanke ondersteuners van Cope is in die liberale denkwyse vasgevang waar individuele regte en behoeftes alle ander oorheers. Hulle kan dus nie die rol van ras en etnisiteit waarneem nie. Die feit dat ras en etnisiteit boonop in 'n histories verdeelde samelewing soos SA as politieke motiveerders geaksentueer word, ontglip hulle totaal.

Hulle dink in terme van die paradigma van die 20ste eeu en gaan nooit inhaal by die postmoderne werklikheid waar die ontwikkelde sentrum deur die onderontwikkelde periferie oorspoel word nie. Die blanke liberales besef nie dat die librale eksperiment regoor die wereld aan die faal is nie. Hulle is te hardkoppig om te erken dat ons vandag lewe te midde van die botsing van beskawingsvlakke. Terloops, selfs die wêreldekonomiese krisis waarin ons vandag verkeer is die gevolg van ongebreidelde kapitalisme wat onder andere 'n resultaat van liberalisme is. Vanaf Wallstraat, tot die immigrantebuurte van Parys, tot die voorstede van Suid Afrika, is die liberalisme besig om die een mislukking na die ander te produseer.

Blankes wat hul hoop op Cope of die DA plaas, mors hul tyd op 'n bestel wat ons net verder gaan ondergrawe. Swart kiesers is so rassisties dat as te veel blankes openlik Cope ondersteun, gaan dit net veroorsaak dat Cope swart kiesers verloor. Die blanke boere wat Morgan Tsvangarei so openlik ondersteun het, het hom baie swart steun gekos. Die vraag is of mens deel wil wees van 'n bestel waar jy die opposisieparty in die geheim ondersteun omdat jou velkleur aanstoot gee? Verder stem jy dan bloot vir daardie party om die regerende party te ontsetel terwyl jy weet dat daardie party ('Cope' en toenemend die DA) swart belange dien wat lynreg met joune bots… Dit klink vir my na 'n verloor-verloorsituasie.

Eerder as wat Afrikaners hul tyd by die stembus gaan mors, sluit eerder aan en gaan woon 'n paar kampe van die Kommandokorps of TLU Veiligheid by… Weens die skeuring van die ANC gaan die wiele, na alle waarskynlikheid, nog erg afkom. Met die verdiepende wêreldwye finansiële krisis is dit te betwyfel of die "Westerse moondhede" gaan inmeng om enige swart regering in Afrika teen 'n opstand te probeer beskerm. Wanneer die magsvakuum dus ontstaan, en dis maar net 'n kwessie van tyd, moet die Afrikaner oor die vermoë beskik om dit te vul. As geweld losbreek, gaan nóg Cope, nóg Helen Zille, met haar geskiedenis van betrokkenheid by anti-blanke organisasies, tot die Afrikaner se redding kom.

продажа грузового шиномонтажного

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.