Euro2016: Britse sokkergespuis bots met Russe

Deel op

Internasionale sokker is besig om in ‘n openlike rassestryd te ontaard met Britse multi-kulti-ondersteuners wat wit sokkerlande se toeskouers aanval.

Die Franse regering het ‘n beroep gedoen op stede waar Euro 2016-sokkerwedstryde plaasvind, om alkohol naby stadions en ondersteuner-sones te verbied om dronk twisgierige Britse sokkergeestdriftiges uit straatgevegte te probeer hou.

Dit volg na drie dae van skermutselinge tussen Engelse, Russiese en Franse ondersteuners en die polisie in die stad Marseille, waarin 35 mense beseer is.

Volgens The Guardian veg een Brits steeds om sy lewe nadat hy aangeval is.

Die Europese beheerliggaam UEFA ondersoek ‘n voorval waar ondersteuners van die Russiese sokkerspan glo “Britse sokkerhemde” gedra het, maar die klag lyk nie geloofwaardig nie.

Engelse ondersteuers het na bewering by die Marseille-stadion die Russe begin tart, nadat die twee spanne se kragmeting gelykop geëindig het.

Luidens ‘n berig van die Australiese uitsaaier ABC was die Russe “verregse Nazi’s”.

UEFA dreig om albei spanne uit die toernooi te skop indien daar verdere geweld tussen ondersteuners is.

Na aanleiding van die geweldstonele in Marseille Saterdag, het FIFA in ‘n sterk bewoorde verklaring teen diegene wat betrokke is uitgereik.

Fakkels en vuurwerke is deur die Britse ondersteuners op die Russe gerig laat in die tweede helfte voor die situasie handuit geruk het en in straatskermutselinge ontaard het.

Met die eindfluitjie het honderde Russiese aanhangers deur ‘n wankelrige sekuriteitskordon gebreek om hul Engelse eweknieë soos vlakhase op die vlug te laat slaan nadat die Britte gedink het hulle sal betyds die uitgange haal as hulle die Russe aanhou treiter.

Dit was helaas toe te laat vir talle Engelse moeilikheidmakers wat nou kla dat die Russe “voorbereid” was. Maar van die Franse toeskouers sê die Russe was bloot net slimmer en meer gedissiplineerd as die besope Engelse sokkergespuis.

Vroeër op Sondag, het UEFA nietemin aangekondig dat dissiplinêre stappe teen die Rusland sokkerbond geneem sal word, en FIFA beskryf die tonele as “geheel en al onaanvaarbaar”.

Maar die toernooi word deur nog meer geweld gekenmerk.

Intussen het Duitsland en die Oekraïne se ondersteuners ook gebots in die strate van Lille voor hul Euro 2016 konfrontasie.

Videomateriaal toon botsings tussen ondersteuners voor die wedstryd in die tweede Groep C na ‘n oorwinning van Pole se span oor Noord-Ierland.

Franse owerhede sê twee mense is beseer in die botsings.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.