Die EFF-hanswors Julius Malema het ondersteuners in Thaba’Nchu Saterdag vergas met nog ‘n toespraak wat kennelik deur sy wit befondsers geskryf is.
“Moenie dink omdat jy swart is, is jy vervloek nie. Leiers gaan van jou hou soos jy is,” het hy sy ondersteuners plegtig belowe.
Die Marxiste se nuwe marionet het die wit gelykheidstryders se gelykheidsagendapunte slaafs herhaal, terwyl News24 weer gehoorsaam daaroor berig het.
“Hulle spandeer miljoene op fietsbane in Johannesburg, maar mense in plekke soos Alexandra het nie spoeltoilette nie,” het hy gesê.
Sy swart, landelike Vrystaatse gehoor het waarskynlik kwalik begryp wat ‘n fietsbaan is.
“Ons wil ‘n kliniek in Thaba’Nchu bou wat 24-uur sal funksioneer, maar die ANC dink jy is net siek gedurende die dag,” het hy gesê.
Beeld het natuurlik geen kritiek geplaas teen Malema se openlike demagogie en aanhitsing nie, maar sorg liewer dat die Amerikaanse presidentskandidaat, Donald Trump se pro-wit uitsprake aangeval word as “demagogies”.
Intussen staan klinieke in die Vrystaat in onbruik weens korrupsie wat heel waarskynlik nie onder Malema se leierskap sal verander nie.
Malema is self ondersoek vir korrupsie. Sy gekyf was eerder nog ‘n toeval van naakte jaloesie.
“As jy nie deel van die Magushule-faksie is nie, sal jy nooit in diens geneem word nie,” het Malema die vanselfsprekende etniese werklikheid van Suid-Afrika aan sowat sy 500 ondersteuners, ook geklee in kenmerkende rooi t-hemde en barette verklaar.
Malema het gesê jy kan nie die armstes van die armes belasting vra nie, omdat hulle nooit gekies het om arm te wees nie.
“As jy vir die ANC stem jy is erger as beeste, omdat Zuma ‘n swembad van R3 miljoen het.”
Ons vier 22 jaar van demokrasie, maar swart mense gee nog steeds geboorte in plakkershutte, het Malema gesê.
“Stem ter wille van jou kinders en nie ter wille van Nelson Mandela nie.”